Dis nie so maklik om te sorg jou kinders kom nie aanlyn op ongepaste inhoud af nie, maar hierdie webtuiste maak dit baie makliker.

Kiddle is bekendgestel om ouers en kinders kommerloos op die internet te help snuffel.

Die gesinsvriendelike webtuiste, met ’n koel rooi robot en prettige ruimte-tema, filter blykbaar enige eksplisiete of “volwasse” inhoud, en selfs ’n soektog na glansmense wat tot eksplisiete inhoud en vertonings sal lei.

“Veilige webtuistes en bladsye word spesifiek vir kinders geskryf,” sê hul webtuiste, “met die hand uitgesoek en nagegaan deur Kiddle-redakteurs.”

Byvoorbeeld, wanneer ’n kind “Kim Kardashian” soek, sal die webtuiste biografieë oor die werklikheidster vertoon pleks van persoonlike stories oor haar (dikwels eksplisiete) sosialemediarekenings.

Lees ook: Oorlewingswenke vir enkelouers

Bekendes soos Pamela Anderson is nie by die soekenjin ingesluit nie.

Wanneer jy haar naam soek, verskyn die woorde “Oeps, dit lyk asof jou navraag lelike woorde bevat. Probeer asseblief weer!”

[caption id="attachment_118987" align="alignnone" width="606"]Die familie webtuiste beoog om eksplisiete inligting uit te filter. Die familie webtuiste beoog om eksplisiete inligting te filter.[/caption]

Die soekenjin se resultate word op ’n baie spesifieke manier vertoon.

Gewoonlik is die eerste drie resultate deur Kiddle-redakteurs spesifiek vir kinders geskryf en geproeflees en is dit vir hulle veilig om te lees.

Die volgende vier resultate is maklik en leesbare artikels wat die redakteurs in eenvoudige taal geskryf het.

Die laaste groep is ’n bietjie moeiliker, maar word steeds deur Google se Safe Search-meganisme gefiltreer.

Terwyl die webtuiste nogal na Google lyk, is dit nie ’n filiaal van die tegnoreus nie.

Kiddle gebruik ook grootbeeld-oortjies en lettertipes sodat kinders die teks beter kan lees. Daarby word die soekenjin se logs glo elke 24 uur uitgevee en win dit nie persoonlike inligting in nie.

Lees ook: Ma vaar uit teen internetboelies wat foto van haar seun in meme gebruik

Ouers wat ekstra moeite wil doen, kan deur ’n vorm in te vul aansoek doen dat spesifieke woorde of webtuistes geblokkeer word wat hulle nie wil hê hul kinders moet sien nie.

Dis die moeite werd om daarop te let dat die Britse poniekoerant The Mirror berig het ’n soektog na Khloé Kardashian lewer steeds inligting op wat as ongepas vir jonger kinders beskou kan word.

Toe Huisgenoot die webtuiste toets, het geen sulke resultate opgeduik nie.

“Aangesien Kiddle Google se Safe Search-tegnologie gebruik as deel van ons algoritmes, kom ’n twyfelagtige skakel (meestal Ouerleiding-13) soms deur,” het ’n Kiddle-woordvoerder aan MailOnline gesê.

As jy nog wenke soek om jou kinders ekstra veilig aanlyn te hou, klik hier.

Bronne: Sky News, The Mirror, Tech Times, MailOnline

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Die vonds wat die wêreld verstom’: Nuwe inligting oor seevarende mummie bekend

Het jy al gewonder waar ritssluiters vandaan kom?

Basta met kankerbehandeling! 90-jarige inspireer talle met haar verrykende lewensuitkyk, al is sy hoe siek

Jy sal nie glo wat 7de Laan se Altie nou gaan doen nie!

Raaisels van die see: Vissers vind gemummifiseerde Duitser in die middel van die Stille Oseaan