FEETJIEKOEKIES

vakansie gids

Julle het nodig

125 g meel

1 t (5 ml) bakpoeier

2 eiers, geklits

125 botter, kamertemperatuur

125 g strooisuiker

1 t (5 ml) vanieljegeursel

Versiersel

1 e (15 ml) water

1 e (15 ml) versiersuiker

1 druppel voedselkleursel

Maak so

1 Voorverhit die oond tot 190 °C.

2 Plaas 12 papierbakkies in die holtes van ’n muffinpan.

3 Sif die meel en bakpoeier in ’n bak.

4 Voeg die geklitste eiers, botter, strooisuiker en vanieljegeursel by die meelmengsel.

5 Klits dit met ’n elektriese klitser tot dit romerig is. As dit maklik van ’n lepel afval, is dit gereed.

6 Vul elke papierhouertjie met ’n teelepel van die mengsel.

7 Bak 20 minute in die voorverhitte oond.

8 Haal die koekies uit die oond en laat afkoel.

Versiersel

1 Meng 1 e water, 1 e versiersuiker en 1 druppel voedselkleursel. 2 Skep ’n klein skeppie versiersel in die middel van ’n afgekoelde feetjiekoekie en smeer dit netjies. 3 Versier dit met iets soets soos kersies, strooiversiersels of silwerballetjies, of selfs skryfversiersel. FRANSE  ROOSTERBROOD

KOS 22 NOV

Julle het nodig

4 snye brood

3 eiers

¼ k melk

2 k (500 ml) graanvlokkies

botter

Maak so

1 Sny elke sny brood in 2 driehoeke.

2 Pak die brood in ’n bak.

3 Breek die eiers in ’n ander bak.

4 Voeg die melk by die eiers. Meng goed met ’n vurk.

5 Giet die melkmengsel oor die brood in die bak. Draai die brooddriehoeke met ’n spaan om om seker te maak albei kanteis deeglik in die eier gedoop.

6 Plaas die graanvlokkies in ’n plastieksak, maak dit goed toe en maak die vlokkies fyn deur met ’n koekroller daaroor te rol.

7 Gooi die graanvlokkies in ’n vlak bakkie.

8 Plaas die botter in ’n pan.

9 Verhit dit oor matige hitte tot die botter gesmelt het.

10 Haal die brood uit die eiermengsel met die eierspaan en plaas dit op die graanvlokkies. Draai om sodat albei kante deeglik met graanvlokkies bedek is. 11 Plaas die driehoeke nou in die gesmelte botter en braai dit sowat 4 minute tot bruin onder. Draai dit met die spaan om en braai 4 minute aan die ander kant tot ook goudbruin. 12 Sit dit dadelik voor met stroop of gebraaide spek. Kry hier nog heerlike aktiwiteite wat die jongspan sal besig hou, vermaak en belangrike vaardighede sal ontwikkel:

 Hou die kinders besig!

10 speletjies wat slim maak

Werk vir ’n beter wêreld

Maak dit self

Doedoe Poppie

Maklike kunsprojekte

Maak ’n trein uit ’n skoenboks

Maak 'n bliktelefoon