Die volgende keer wat jy jou vervies vir reënweer wat jou motor bevuil kort nadat jy dit gewas het of die krieket wat uitreën, kyk gerus na dié oulike video van 'n baba wat die eerste keer kennismaak met reën.

Don Smith, wat die video op YouTube gedeel het, skryf by die video sy dogtertjie was absoluut meegvoer en kon nie genoeg kry van die reën nie.

Bron: YouTube