Meeste nuwe ouers kan nie genoeg van hul kleingoed kry nie en wil alles wat hul baba doen, vir die wêreld wys. En met die magdom sosiale media netwerke om elke hoek en draai, is dit makliker as ooit vir ouers om die wêreld ingelig te hou oor alles wat hul kinders aanvang.

Maar een Australiese ma het dit dalk een stappie te ver gevat en te veel met haar vriende gedeel – en hulle het seker gemaak sy weet dit deur vir haar ’n bitsige brief te skryf.

Jade Ruthven was glad nie beïndruk nie en het die brief na ’n Australiese komediant gestuur wat dit met haar talle aanhangers gedeel het.

jade