Jar gifts main HIERDIE idees is nie vir daardie heilsame tuisgemaakte geskenke wat jy in jou kombuis prakseer om mense soos ek se voete onder hulle uit te slaan nie. Want dit maak nie saak hoeveel keer ek besluit vanjaar is die jaar dat ek baksel ná baksel koekies gaan optower of bottels vol konfyt gaan kook nie – die dolle gejaag van November en Desember en die drukkende somerhitte fnuik altyd my goeie voornemens. Dié geskenkies het steeds die huislike gevoel wat ek soek, maar sonder die geswoeg oor ’n warm stoof. Boodskap in ’n bottel

[caption id="attachment_59278" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van healthycoconutblog.com Foto oorgespeld van healthycoconutblog.com[/caption] Vir iemand wat altyd aan die gang is, is hier energie in ’n fles. Pak ’n inmaakfles vol sjokolade en lekkergoed plus een of twee sakkies koffie of cappuccino. Iemand rustiger kan “Verfrissing in ’n fles” present kry met ’n verskeidenheid kruietees pleks van die koffie. Ingemaakte versierings [caption id="attachment_59277" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van studo336.com Foto oorgespeld van studo336.com[/caption] Pak ’n fles vol snoere, Kersboomballetjies, Kersstringe of Kersliggies vir ’n heerlike feestelike gevoel. Bederfpartytjie [caption id="attachment_59281" align="alignnone" width="500"]Foto oorgespeld van browzer.net Foto's oorgespeld van browzer.net[/caption] Mal hieroor! Die een links bevat alles wat jy vir ’n pedikuur nodig het, soos ’n puimsteen, voetskropmiddel, naelknipper en toonspreiers. Die ander een het manikuur-bederfies: naelpolitoer, naelvyl, naellakverwyderaar en handeroom. Kleur en geur [caption id="attachment_59282" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van starlitstudio.typepad.com Foto oorgespeld van starlitstudio.typepad.com[/caption] Hierdie feestelik versierde flesse is vol geurige speserye en die deksels het openinge sodat die geur deur die kamer kan dryf. Jy kan ook ’n fles vol heelspeserye pak vir iemand wat daarvan hou om kerrie te maak. Kerskrag

[caption id="attachment_59275" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van ellasinspiration.blogg.se Foto's oorgespeld van ellasinspiration.blogg.se[/caption]

Ek het ’n ding oor kerse, veral onopgesmukte wittes. Hierdie fles kerse wat eenvoudig met wit-en-rooi slagterstou versier is, is oor die feestyd ’n wonderlike geskenk vir ’n gasvrou.

Voeg net roomys by [caption id="attachment_59279" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van homemade.tipjunkie.com Foto oorgespeld van homemade.tipjunkie.com[/caption] Ja, ja, ek weet dié is nie ’n fles nie. Maar ek is mal oor hierdie idee vir ’n gesin of vriende wat ’n huis deel. En jy kan maklik die horinkies, roomysstrooisels en sousies in ’n mooi groot fles pak. Sit ’n deksel daarop

[caption id="attachment_59276" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van brownpaper-packages.com Foto oorgespeld van brownpaper-packages.com[/caption]

Dis so ’n oulike idee: kolwyntjie-papierkoppies wat tussen die doppe en deksels van die flesse ingesit word. En as jy een van daardie vlytige mense is wat dit inderdaad gaan regkry om dié seisoen konfyt te kook en weg te gee, kan jy die inhoud op die papiertjies aandui.

  •  Moet ook nie die Huisgenoot van 28 November misloop nie - dis gepak met 100 heerlike geskenkidees. Die uitgawe is vanaf 22 November te koop.

– Alfie Steyn

Alfie Alfie Steyn is Huisgenoot en YOU se produksieredakteur en ook ’n geesdriftige selfdoener. Sy is verantwoordelik vir Huisgenoot en YOU se dekor- en selfdoeninskrywings op die sosiale netwerktuiste Pinterest.

Volg Huisgenoot op Pinterest