Ou meubels kan opgekikker word met eenvoudige wit verf en mure kan ’n skaamtelose meisie-voorkoms kry met pienk verf. Versier dit met eenvoudige strepe en bekoorlike muurplakkers en -sjablone.

Kleure

3101 kids decor snippet image 5 Playing_Pretty_3

Heerlike pienk en nogmaals pienk. ’n Pienk kleur met ’n blou ondertoon soos lila sal die suikersoetheid van ’n pienk kleurskema verminder, nes blertse rooi en donkerder pienk. Die kougomkleur van hierdie bababedjie versag ook die te soet voorkoms.

Muurbehandling

3101 kids decor snippet image 2 Playing_Pretty_2

Strepe lila en malvalekkerpink is op ’n afwit basis rondom drie mure van die kamer geverf. Dit kan maklik gedoen word met ’n lang lineaal en maskeerband. Meet die ruimtes aan die bo- en onderkant van die muur en verbind met die maskeerband. Daar is ook ’n groot verskeidenheid gestreepte muurpapier in winkels. ’n Plakker met ’n pragtige boom en swerm voëls verskaf ’n tikkie nostalgie op die fokusmuur. Die ontwerp help ook die ruimte tussen die bababedjie en bed definieer. Moenie bang wees om meubels voor die patroon te plaas nie; dit kan nog ’n dimensie aan die skema verleen, soos hier met die koekoekklok en hanglamp.

Kleedstof

3101 kids decor snippet image 1 Playing_Pretty_1

Strepe pas by alles, maar die byvoeging van blomontwerpe en delikate paisley-ontwerpe verhoog die sjarme van ’n meisie se kamer.

Toebehore

3101 kids decor snippet image 4 Playing_Pretty_4

Voëls verskaf ’n delikate en verbeeldingryke tema vir ’n babakamer, maar geen tema moet oordoen word nie. Sagte gevormde alfabetkussings met die baba se voorletters laat dit persoonlik lyk.

Beligting

3101 kids decor snippet image 3 Playing_Pretty_5

’n Hanglamp naby die bedkassie beklemtoon die delikate lampkap en verskaf goeie, sagte lig vir die lees van slaaptydstories. ’n Oulike kraleversierde paddastoel-lamp staan op ’n rakkie in die hoek. ’n Lamp wat nie digby die bababedjie is nie, verskaf genoeg lig as ’n nagliggie saans nodig is, maar skyn nie direk op die bedjie nie.

  • Meubels

  • 3101 kids decor snippet image 6Playing_Pretty_6
Nuwe meubels vir die babakamer hoef nie ’n plaas se geld te kos nie. Ou rakke en kaste kan herwin word en oorgeverf word sodat dit by die binneversiering pas. Babaklere en -kombersies is dikwels heeltemal te mooi om weggepak te word; versier klerekaste binne-in daarmee en spog met jou baba se mooi goedjies. Rakke kan uitgevoer word met materiaal, muurpapier of selfs geskenkpapier. Ruil jou baba se doeke om op ’n ou tafel; dit werk net ewe goed as duur, gekoopte babatafels en lyk baie sjarmanter. Die tafel kan ook gebruik word wanneer jou baba ouer is.

Dekorwenk:

Babas kry dikwels sulke mooi geskenke; vertoon dit deur hangkaste binne-in daarmee te versier of voer rakke daarmee uit. Kleedstof, muurpapier en selfs geskenkpapier kan gebruik word as ’n goedkoop en doeltreffende wyse om ’n donker kas mooier te laat lyk.

Deur Sam Scarborough

Meer oor Sam

Sam, self ’n ouer, skryf boeke oor binneversiering vir kinders en vervaardig kreatiewe produkte as inspirasie vir ander ma’s om meer kreatief te wees wat hul gesin en tuiste betref. Sy het ’n binneversieringsmaatskappy vir kinders wat spesialiseer in die ontwerp van produkte vir kreatiewe speelruimtes en -idees vir kleingoed.

Vir nog oulike idees oor binneversiering vir kinders, besoek kidsdecor.co.za of facebook.com/kids/decor/designs