Al vyf die apps is gratis beskikbaar in die iTunes-winkel.

Learn to Count

Leer tel van 1 tot honderd met hierdie maklike app.

KidBuddy Lite

Met behulp van tekenprentjies en interaktiewe speletjies, kan die jongspan sommer binne ’n japtrap ’n begrip van syfers en getalle aanleer.

Flashcards To Go

Hierdie app leer kinders teen hul eie pas optel.

Ice Cream Addition

Die kleurryke roomyse in dié app sal kinders dalk van meet af aan lief maak vir wiskunde.

Toddler Mathemagic HD Lite

Sodra die kind basiese vaardighede onder die knie het, kan hy met dié app leer optel, aftrek, vermenigvuldig en deel. Daar is 20 vrae met vyf moontlikhede.

Shané Barnard

BRON: The Primary School Education App Guide