beds main

Ek wil sommer weer kind wees net sodat ek een van dié kreatiewe beddens kan hê. Daar is net een probleem: Teen die tyd dat ek besluit het watter een ek verkies, is ek alweer ’n volwassene!

1 Toegewikkel in jou boomhuis

[caption id="attachment_53712" align="aligncenter" width="600"]Van links: fotos van pinterestschunt521.blogspot.com, vtwonen.nl en mommo-design.blogspot.it Van links: foto’s 'gespeldvan pinterestschunt521.blogspot.com, vtwonen.nl en mommo-design.blogspot.it[/caption]

Om een van die beddens te hê sal twee van my kinderdrome in een bewaarheid: ’n stapelbed en ’n boomhuis. En die een links sit nogal ’n kandelaar by vir ’n heerlike mengelmoes van idees.

2 Kom ons speel huis-huis

[caption id="attachment_53713" align="aligncenter" width="600"]Fotos van ana-white.com (left) en artisticsensations.com via Pinterest. Foto’s gespeld van ana-white.com (left) en artisticsensations.com via Pinterest.[/caption]

Die eienaar van dié pienk skepping is ’n bedorwe brokkie. Ek is seker sy het ure se pret terwyl sy huis-huis speel of dalk uithang met haar boeke of tablet. Stapelbeddens waarvan die onderste bed uitgehaal is, is ’n slim idee vir ’n klein kamertjie, want dit hou die slaaparea gemaklik uit die pad. As jy reeds ’n stapelbed het, kan jy die onderste bed in ’n pophuis omskep deur gordyne soos dié regs om te hang. Dis goedkoper en maklik om af te haal wanneer jou kind te groot word vir popspeel. Ek is ook mal oor die sakke vir bêreplek wat aan die boonste reling vasgebind is.

3 Bring die tuin na binne

[caption id="attachment_53714" align="aligncenter" width="588"]Fotos van soyouthinkyourecrafty.com (links) en lemonsqueezyhome.com op Pinterest Foto’s gespeld van soyouthinkyourecrafty.com (links) en lemonsqueezyhome.com op Pinterest[/caption]

Die materiaalbehangsel wat aan die boonste bed vas is, het heerlike aktiwiteite wat sommer ingebou is. Vrugte, groente en blomme kan van die boom “gepluk” word en die boomstomp het ’n gat waardeur kinders kan klim om by die “klubhuis” uit te kom (die onderste bed).

Die fort van materiaal aan die regterkant is vir kinders wat ’n bietjie ouer is en is makliker om te maak. Die kinders kan help met die versierings ook. Die blogger Christie, ’n ma van drie, gee hier instruksies.

4 Die wêreld is jou verhoog

[caption id="attachment_53715" align="aligncenter" width="416"]Fotos van ashleighnoel.tumblr.com (links) en Carin Vaughn op Pinterest Foto’s gespeld van ashleighnoel.tumblr.com (links) en Carin Vaughn op Pinterest[/caption]

As jy ’n klein akteur of musieksterretjie in jou huis het, is ’n stel verhooggordyne vas aan ’n stapelbed net die ding vir haar of hom om daardie droom uit te leef. Onthou om genoeg sitplek te verskaf – sitsakke, ottomans of selfs vloerkussings sal werk. Wat is ’n ster nou sonder sy gehoor?

5 Seil weg

[caption id="attachment_53716" align="aligncenter" width="566"]sailboat Foto gespeld van Alesia Marcum op Pinterest[/caption]

Inspireer drome van avonture op die see met ’n seilboot-bed. Dié ontwerp bied ’n paar inspirerende idees vir ’n stapelbed of ’n solderbed. Ek is mal oor die patryspoort in die plat gordyn aan die voorkant en die kleure is perfek vir ’n kinderkamer. Die basis van die bed is redelik eenvoudig, so dis ’n goeie opsie as jy iets soek wat vir jare sal hou soos jou kind grootword.

6 Raak ontslae van die donker

[caption id="attachment_53717" align="aligncenter" width="575"]light Foto gespeld van Interieur design deur nicole & fleur op Pinterest[/caption]

’n Laaste gedagte: As jy ’n ingeboude kajuitbed maak, maak seker jy sit ’n lig en rakkie in vir boeke en/of teddies.

*Is jou kind gelukkig genoeg om reeds so ’n oulike stapelbed of solderbed te hê? Stuur vir my ’n foto by asteyn@media24.com sodat ek dit met ons aanlyn gemeenskap kan deel.

– Alfie Steyn