Suiker was onlangs die gonswoord in die nuus, want Jamie Oliver, die beroemde sjef, wil graag toesien dat die Britse regering belasting hef op soet drankies.

Maar dit skuil nie net bruisdrankies nie. The Telegraph het die jongste navorsing begin en Action on Sugar, die groep wat die veldtog gevoer het, het sommige mikrogolfmaaltye aan die kaak gestel wat byna twee keer meer suiker bevat as ’n blikkie Coca-Cola.

Die grootste sondaar was ’n soet-en-suur hoendergereg van 'n bekende Britse handelshuis, wat ’n yslike 61,2g suiker (gelykstaande aan byna 13 teelepels) bevat. In hul reaksie hierop het dié handelsmerk beloof om in 2016 geregte wat aansienlik minder suiker bevat, beskikbaar te stel.

’n Soortgelyke gereg van nog 'n handelsmerk het byna net so baie suiker bevat, naamlik 60 g. As ’n mens in ag neem dat ’n blikkie Coca-Cola 35 g bevat, is dit nogal ’n skokkende onthulling.

’n Woordvoerder het gereageer deur te sê alle dat voedsel duidelik aandui wat die voedingswaarde van die inhoud is; dus kan kopers ingeligte besluite neem.

Maar Graham MacGregor, voorsitter van Action on Sugar en professor in kardiovaskulêre medisyne, is van mening daar word nie genoeg gedoen om die probleem op te los nie.

“Vyftig gram suiker in enige vooraf bereide gereg is hopeloos te veel,” het hy gesê. “Die hoeveelheid wat hulle inprop, is gek. ’n Mens wonder wie op aarde het die vermetelheid om so baie suiker by te voeg.”

Ander geregte wat meer suiker as ’n blikkie Coke bevat, is onder meer suurlemoenhoender in ’n deegbeslag, met 42,6 g en Pad Thai-noedels met 37,8 g.

© Cover Media