Wetenskaplikes het gevind dinge lyk aantrekliker as hulle binne armbereik is, dus sou ’n eenvoudige oplossing wees om hulle buite bereik van jou dominante hand te plaas.

Regshandige persone sou dus meer in die versoeking wees om aan lekkernye wat aan hul regterkant geplaas is, te smul, maar as dieselfde smulgoed aan hul linkerkant geplaas word, verminder hul aantrekkingskrag.

Die kundiges glo bowendien ook dat die lig waarin ons mense beskou, beïnvloed word deur die plek waar hulle gestaan of gesit het.

Lees ook: Swanger vroue moet kos met baie vitamien D eet om baba se risiko vir allergieë te verlaag

Die navorser, dr. Daniel Casasanto, van die universiteit van Chicago, wys daarop dat dinge wat naby die hand is wat jy die meeste gebruik, voorkeur mag kry want dit verg die minste moeite.

"As jy vir mense vra om te oordeel watter een van twee werkaansoekers hulle reken die werk behoort te kry, sal die regshandiges gewoonlik die regterkantse persoon kies en linkshandiges die linkerkantse een,” het hy verduidelik.

"Hierdie neiging kan toegepas word op gedrag soos by ’n stemmery, waar almal gevra word om kandidate wie se name aan die regter- en linkerkant van die stembrief geskryf is, te beoordeel. Ons het in ’n groot, nagebootste verkiesing gevind dat in vergelyking met linkshandiges, regshandiges 15 keer eerder die kandidate sal kies wat hulle op die regterkant van die strembrief sien as wat die linkshandiges sal doen. Hierdie soort onsigbare invloede kan dus ’n wesenlike invloed uitoefen.”

Lees ook: Driejarige diabete ‘n realiteit, sê Tim Noakes

Benewens hierdie bevindings, wat by die jaarlikse konferensie van die Amerikaanse Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap aan die lig gekom het, is daar ontdek dat die breine van links- en regshandige mense verskillend bedraad is.

Emosionele middelpunte is aan verskillende kante en dit kan ’n groot rol speel by die behandeling van siektes soos depressie wat behandel word met elektriese skokke wat die een kant van die brein stimuleer.

"Hierdie ontdekking het ernstige implikasies vir openbare gesondheid, soos byvoorbeeld die feit dat behandeling vir depressie en ander geestesongesteldhede wat miljoene mense raak, gemik is op regshandige persone, en dit kan lewensgevaarlik wees vir al die ander,” het die deskundige gesê.

Dr. Casasanto het ook gevind dat, indien ’n regshandige persoon ’n swaar handskoen dra, dit hom onbeholpe laat voel en dan dink hy meer soos ’n linkshandige persoon.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

Skoolkind en man sterf in botsing, talle ander beseer

Lily-mynramp: ‘Daar is nog hoop’

Vir Altyd laat die liefdesvure by die loket brand