[caption id="attachment_155181" align="alignnone" width="600"]Foto's: Pixabay Foto's: Pixabay[/caption]

In die studie van 2,000 ouers het 68 persent van die vroue toegegee hulle voel sedert die geboorte van hul kinders meer dikwels olik. Vroue raak gemiddeld 324 keer siek terwyl hul kinders grootword. Die meeste van dié kwale word deur die kinders self oorgedra.

Lees ook: Pasop! Vergete oppervlakke in jou huis broeiplek vir kieme

Uit die uitslag van die peiling deur die voedselaanvullingsmaatskappy Healthspan blyk dit dat moeders 54 keer verkoue, 108 keer seer kele en loopneuse en 36 maagkieme gekry het, benewens ’n jaarlikse dosis griep.

Om dinge erger te maak, is ma’s elke jaar blootgestel aan kopluise, aangesien hul kinders dit by die skool optel en dan kom oordra.

Maar 36 persent van die vroue het berig hulle veg voort wanneer hulle siekerig voel, terwyl hul manlike maats makliker in die bed kruip.

Bowendien was ’n indrukwekkende 72 persent van die vroue oortuig dat hulle die simptome baie beter te bowe kom as hul wederhelf.

“Dit kan verband hou met ons ingebore drang om alles in ons vermoë te doen om ons nageslag se oorlewing te verseker,” was dr. Meg Arroll, ’n psigiater, se kommentaar oor die bevindings.

“Mans moes in ons voorgeslagte se tyd fiks en gesond wees wanneer daar ’n bedreiging was. Maar vroue, wat ’n ander rol gehad het, het hul gesin beveilig. Dinge het nie so baie verander nie, dus ontwaak vroue se beskermingsinstinkte, selfs noudat die geslagsrolle verander.

“Hulle sorg vir ander mense (eerder as vir hulself) terwyl mans hul eie liggaamlike fiksheid volhou ten einde hul gesinne te beskerm en vir hulle te sorg.”

Lees ook: Man met konstante kloppende hoofpyn bly om eindelik te weet wat’s fout

Die bevindings toon ook dat “mansgriep” ’n werklikheid is. Dr. Sarah Brewer, mediese direkteur by Healthspan, merk op dat, hoewel die term afgelei is van die woord ipekonders, angs oor jou gesondheid en ’n begeerte om ander mense se simpatie te kry, daar bewyse is dat mans die simptome veel erger ervaar as vroue.

’n Studie in 2015 het bevind dat die vroulike hormoon estrogeen griepweerstandigheid ’n hupstoot gee as dit by selle in die neus gevoeg word, terwyl die selle in mans se neuse minder beskerming geniet.

“Dit dui op ’n werklike verskil tussen die geslagte in die manier waarop mans en vroue op verkoue en griep reageer. In teenstelling met vroue, kan mans weens virusinfeksies werklik erger neussimptome (verstoptheid, teerheid, loopneus en sinusitis) ondervind,” het Sarah bygevoeg.

- Cover Media