Wetenskaplikes het ’n nuwe orgaan in die spysverteringskanaal ontdek – wat nog heeltyd reg onder hul neus was!

A photo posted by @naviasedeno on

Dié orgaan het voorheen uit gefragmenteerde en uiteenlopende strukture bestaan, maar navorsers het vasgestel dis een aaneenlopende orgaan. Bewyse dui nou daarop dit kan wel as ’n orgaan geklassifiseer kan word.

“In die navorsingstuk voer ons aan ons het ’n orgaan in die liggaam wat tot op hede nog nie as sodanig erken is nie,” sê J. Calvin Coffey, ’n navorser aan die Universiteitshospitaal van Limerick in Ierland wat eerste dié ontdekking gedoen het, in ’n verklaring.

Lees ook: Trane toe ouers hartslag van hul oorlede dogter binne ontvanger se borskas hoor

Die orgaan is bekend as die mesenterium wat “in die middel van die ingewande” beteken.

Die span van die universiteitshospitaal het ingewikkelde mikroskopiese toerusting gebruik om vas te stel dat die strukture almal wel onderling verbind word en deel vorm van een algehele struktuur.

“Ons het die anatomie en die struktuur vasgestel. Die volgende stap is die werking daarvan,” sê Calvin.

Nadere ondersoek kan lei tot nuwe ontdekkings oor die uitwerking van die mesenterium op abdominale siektes.

Bronne: iflscience.com, time.com, independent.co.uk