Ná uitvoerige navorsing is kenners aan die Universiteit van Sheffield vol vertroue dat hulle ’n manier ontdek het om die siekte se sterftekoers te verminder. Tans word dit elke jaar by meer as 50 000 Britte gediagnoseer.
Hoewel nog navorsing en kliniese toetse gedoen sal moet word, voel die span in Sheffield die middel kan ’n ware deurbraak wees.

Sowat 85 persent van sekondêre borskankergewasse is in die skelet. Maar nou meen wetenskaplikes daar is ’n middel wat sal keer dat die infeksie die gebeente penetreer. Hulle hoop borskanker kan mettertyd geïsoleer word by diegene wat ’n hoë risiko vir verspreiding het.

Gelukkig word die middels reeds gebruik, tewete bisfosfonate wat ’n behandeling vir osteoporose is, ’n toestand wat die skelet swak en broos maak.

Hoewel nog navorsing en kliniese toetse gedoen sal moet word, voel die span in Sheffield die middel kan ’n ware deurbraak wees.

“ER-negatiewe pasiënte het die swakste prognose; dis hulle wat regtig identifisering en behandeling nodig het,” verduidelik dr. Alison Gartland, gebeentekenner by die universiteit.

“Dit is belangrike vordering in die stryd teen borskankerverspreiding en verhoog die kans op oorlewing vir duisende pasiënte.”

Diegene wat die ER-negatiewe vorm van die siekte het (gemiddeld 30 persent van alle pasiënte) se prognose kan baie verbeter. Die ER-negatiewe gewasse skei proteïen-lisien 6-oksidase (LOX) af, ’n ensiem wat die been aanval en gate skep vir die kankerselle om deur te gaan.

“Dit is asof die LOX-ensiem die “grond” van die been bemes en dit ’n aantreklike plek maak vir die kanker om te groei,” sê Alison.

“Ons het gewys bisfosfonate belemmer die proses deur te keer dat LOX met die beenselle in wisselwerking tree.”

Eksperimente op menslike selle in ’n laboratorium is net versterk deur toetse op muise en Alison sê hulle was bly om uitslae van 100 persent te kry.

Daar word nou gehoop dat ’n middel oor die volgende paar jaar ontwikkel kan word wat deur die Britse gesondheidsdiens beskikbaar gestel kan word en dat bisfosfonate vroeg gebruik sal word om te verseker kanker versprei nie na die gebeente nie.

Die bevindinge is gisteraand in die vaktydskrif Nature gepubliseer.

© Cover Media