Dit is iets waarvan vroue bewus gemaak word, maar hoe waar is die stories wat hulle moet aanhoor nou eintlik? Daar is ’n paar aspekte waaroor hulle duidelikheid moet kry sodat hulle nie ’n onaangename verrassing kry wanneer dit wel gebeur nie.
'Een van die vernaamste newe-effekte van die menopouse is warm gloede.'

Een van die vernaamste newe-effekte van die menopouse is warm gloede, wanneer vroue verswelg voel deur die hitte wanneer ’n gloed hulle tref. Daar word geraam dat meer as driekwart van vroue dit ervaar, maar uit hierdie getal verduur ongeveer ’n derde dit 10 jaar lank. Ja, 10 jaar! Jong vroue wat gedink het dit is van verbygaande aard, julle kan nie die bal verder mis slaan nie. Die ongemak waarmee die gloede gepaardgaan, kan selfs ’n mens se nagrus verstoor.

As jy jou dieet effens aanpas, kan dit dalk effens help: vermy kafeïen, sterk gegeurde kos en drank, aangesien dié soort voedsel gewoonlik gloede veroorsaak. Dink nou net hoe erg sal dit wees tydens menopouse! Kossoorte met isoflavone (verbindings wat dieselfde uitwerking het as estrogeen) kan ook help. Voorbeelde hiervan is sojabone, tofu en miso-sop. As jy die temperatuur in die slaapkamer verlaag, sal dit ook ’n goeie nagrus help verseker.

Baie mense weet miskien nie dat ’n ongebalanseerde liggaam ook kan bydra tot die simptome van menopouse nie. Vroue behoort tradisionele Chinese medisyne, pleks van Westerse medisyne, te gebruik om ongemak teen te werk. Die Chinese medisyne behandel elke vrou as individu, in plaas van as deel van ’n geheel. Dit is nuttig in die geval van menopouse, aangesien, soos ons hier bo genoem het, elke vrou die menopouse anders ervaar. Die behandeling neem die liggaamsdeel in ag wat aangetas word, en trag om die balans te herstel.

Akupunktuur word soms gebruik om die liggaam weer op koers te kry. Sekere punte word, na gelang van die probleem, geteiken. ’n Positiewe aspek van die gebruik van Chinese medisyne is dat dit nie dieselfde newe-effekte het as medisyne wat sonder voorskrif gekoop word nie. Alle Chinese medisyne is van natuurlike oorsprong en dit kan lang tye aaneen gebruik word.

Net ’n laaste wenk: in ’n onlangse studie aan die Mediese Universiteit van Tokio is bevind dat ’n glas tamatiesap per dag die simptome van menopouse verlig. Navorsers het vasgestel dat 200 ml twee keer per dag agt weke lank gehelp het om vroue se cholesterol te verlaag en angstigheid teen te werk. Altesaam 93 vroue het deelgeneem aan die studie en oor die algemeen het hul simptome – soos warm gloede – ongeveer met die helfte afgeneem.

© Cover Media