As jy egter van nature gerond is, hoef jy jou nie te bekommer nie, aangesien daardie bietjie ekstra vetjies groot voordele kan inhou.

Navorsers by die Universiteit van Kalifornië, San Diego, het uitgevind dat die vetselle onder die vel, bekend as adiposiete, die liggaam teen infeksie beskerm, aangesien hulle die groei van nuwe immuunselle aanmoedig. Hierdie selle beveg op hulle beurt skadelike bakterieë. Daar is egter nog ander redes waarom ’n bietjie liggaamsvet ’n bonus kan wees. Dit mag soos ’n cliché klink, maar die vet hou jou in werklikheid warm, iets wat jy bitter nodig het in koue weer – dit geld egter net vir bruin vet – die goeie tipe.

As jy ’n goeie hoeveelheid liggaamsvet het, is daar niks om jou oor te bekommer nie.

Liggaamsvet sal bowendien al die voedingsrowwe wat jou liggaam nodig het, help om makliker vervoer te word.

“Ons weet dat lae liggaamsvet ’n negatiewe uitwerking het op die lewering van vitamines aan jou organe en dwars deur jou liggaam,” het Cathy Leman, ’n persoonlike afrigter, aan shape.com gesê.

Cathy verwys onder andere na Vitamines E en A, aangesien hulle hoogs oplosbaar is in vet. Nadat hulle afgebreek is, sal hulle in die vetweefsel bly, gereed om jou op jou beste te hou.

Die oorsaak vir ’n lae libido by sommige mense kan wees dat die persentasie liggaamsvet nie hoog genoeg is nie – dit lei dan tot ’n lae seksdrang. Dieselfde geld vir oormatige liggaamsvet, want mense voel onseker en onwillig om intiem te verkeer.

As jy ’n goeie hoeveelheid liggaamsvet het, is daar niks om jou oor te bekommer nie. Die American College of Sports Medicine het bevind dat tussen 20 persent en 32 persent ’n aanbevole getal is vir vroue – maar dit alles hang ook af van jou algemene gesondheid. By mans behoort die liggaamsvet tussen ongeveer 16 persent en 30 persent te wees. Diegene met hoër persentasies loop natuurlik die risiko’s wat met oorgewig gepaard gaan.

’n Vrou met ’n hoë seksdrang sal bly wees om te hoor dat ’n goeie hoeveelheid liggaamsvet help met vrugbaarheid. Cathy verduidelik dat vet ’n goeie invloed het op die hele voortplantingstelsel, van maandstonde tot by swangerskap. As die persentasie daal, kan jy onreëlmatighede ondervind in jou menstruele siklus. Vroue wat ondergewig is begin byvoorbeeld later menstrueer of hulle menstrueer glad nie.

As jy dink dat jy in hierdie kategorie val, verneem gerus by jou dokter hoe jy kan gewig aansit op ’n gesonde en natuurlike manier. Of, as jy reeds goedbedeeld is en jy sukkel nog steeds, kan iets anders miskien vir jou liggaam ’n streep trek.

© Cover Media