1: Wees gesond en fiks om die regte redes

Probeer eerder gesond en fiks wees as om jou oor jou gewig te bekommer. Spiere weeg meer as vet. Daarom moet ’n gesonde eetplan en goeie algemene fiksheidroetine nie gaan oor wat jy weeg nie. Sien dit eerder as ’n manier om gesondheid en fiksheid tot in jou volwasse jare te handhaaf.

2: Geniet dit  

Dis noodsaaklik om gesondheid en fiksheid genotvol te maak. Sluit gerus aan by ’n sportspan, neem danslesse, gaan swem of ry fiets saam met vriende. As jy begin oefen, neem dit stadig. Stap byvoorbeeld na jou vriend se huis indien moontlik, eerder as om jou ma te vra om jou daar te gaan aflaai.

3: Eet gesond en gereeld

Die sleutel is gereelde, gesonde maaltyd wat al die voedselgroepe insluit. Moenie die belangrikste maaltyd van die dag – ontbyt – oorslaan nie. Peusel ook gesond, soos aan neute en vrugte.

Bron: http://www.teenadvice.org/health-and-fitness/