COMF_2014_Cover_AFR Waaroor gaan die boek? Gemaklik in Jou Eie Lyf is geskryf met die doel om jou anders oor jouself te help dink, om meer selfvertroue te kry en lewenslesse te leer wat op jou daaglikse lewe van toepassing is. En ten einde die beste weergawe van jouself te wees. Die boek word as ’n drie week lange kursus aangebied met praktiese oefening aan die einde van elke dag. Die inhoud van die boek dek kwessies wat elke tienermeisie se lewe raak, soos dwelm- en alkoholmisbruik, groepsdruk, eetsteurings, liggaamsbeeld en dieper kwessies rondom gedagtes, innerlike selfvertroue en geestelike welstand. Vyf goed wat die boek jou gaan leer

  • Om altyd jouself te wees, maar jou beste self;
  • Om jou met niemand anders te vergelyk nie, behalwe hoe jy gister was;
  • Selfkennis is die beginpunt vir gesond word en selfverbetering;
  • Net jy hoef rekenskap te gee oor jou besluite en lewe. Moet dus nie iets doen of besluit wat jy nie noodwendig wil nie oor wat ander dink of gaan dink;
  • Niemand kan jou beledig laat voel as jy dit nie toelaat nie.
V & A met Leandie

[post-slider]

Gemaklik in Jou Eie Lyf is teen R120 in boekwinkels te kry. Vir nog inligting, kontak Leandie by durandtleandie@gmail.com, of skakel 082-776-9158.

- Janine Nel