Een van die eenvoudigste maniere waarop ons ons liggaam kan help om sekere siektes, soos kanker en hartprobleme, af te weer, is deur fiks te bly en genoeg oefening te kry.

Prof. Mohammad Keshtgar, ’n raadgewende borskankerchirurg van die Royal Free-hospitaal in Londen, het met hierdie feite in gedagte voorstelle gedoen ten opsigte van die beste en slegste voedselsoorte om in te neem ten einde borskanker te fnuik.

Kanker sal bes moontlik die meeste mense op die een of ander manier raak, aangesien borskanker een van die algemeenste kankersoorte by vroue is. Behalwe dat jy jou borste gereeld self moet ondersoek vir enige tekens van verandering, is dit raadsaam om jou dieet aan te pas om te help om die siekte af te weer.

"Ek het toenemend meer oortuig geraak dat dieet en leefstyl 'n rol speel in die ontwikkeling van borskanker. Deur veranderings aan te bring, kan jy werklikwaar jou risiko verlaag,” het Mohammad aan MailOnline gesê.

"Studies toon tans dat tot 9 persent van kankergevalle deur veranderings in die dieet voorkom sou kon word.”

Aan watter soort kos behoort ons dus nou die meeste weg te lê? Wel, om mee te begin, vyf porsies groente en vrugte per dag. Die rede hiervoor is dat hulle volgeprop is met antioksidante wat help om die proses te voorkom wat kan lei tot kanker. Hulle is ook 'n goeie bron van dieetvesel, wat bewys het dat dit die risiko op borskanker verlaag.

"Kruisblommende groentes, soos broccoli, spruitkool, blomkool, krulkool en kopkool is uitstekende bronne van plantaardige voedingstowwe wat bewys het dat hulle die vorming van kankerselle voorkom en die verspreiding van kanker stuit,” het Mohammad opgemerk.

Dit is ook 'n goeie idee om boontjies en peulgroente op jou bord te stapel, want hulle bevat baie vesel en proteïene. Voeg dit by sop, slaaie en sterk gekruide geregte vir 'n maklike, gesonde hupstoot.

Watter kossoorte moet ons dan nou vermy? Die gewone verdagtes dop hier uit: suiker, versadigde vette en verwerkte vleissoorte.

"Sommige preserveermiddels wat by die maak van geprosesseerde vleis (byvoorbeeld varkspek, ham en worsies) gebruik word, word beskou (alhoewel dit nie bewys is nie) as kankerverwekkend,” het Mohammad gesê. 'n Kankerverwekker is 'n stof of bestraling wat regstreeks verband hou met die ontwikkeling van kanker.

Moet ook nie aan te veel rooivleis weglê nie, want dit bevat 'n hoë persentasie versadigde vette. As jy lief is vir braaikos, moet jy ekstra versigtig wees om nie jou vleis te brand nie, aangesien dit kankerverwekkende chemikalieë kan aanwakker.

"Versadigde vet word verbind met die gevaar wat postmenopousale vroue loop om borskanker te ontwikkel en ook met 'n swakker kans op oorlewing nadat borskanker gediagnoseer is,” het Mohammad gesê.

© Cover Media