Om in die middel van die nag, natgesweet en vreesbevange, wakker te skrik, kan ’n goeie nagrus belemmer.

’n Mens kry om verskeie redes nagmerries.

Kos kan byvoorbeeld daartoe lei – as jy laat in die aand ’n peuselhappie geniet of aandete eet, kan jy dalk teen die vroeë oggendure ná ’n nagmerrie regop sit.

Om op ’n vol maag te gaan lê, kan suur laat opstoot, wat jou slaap kan versteur en op ’n onbewustelike vlak ongemak kan veroorsaak.

Ideaal gesproke moet jy so vroeg moontlik ophou eet en as jy ’n bietjie hulp nodig het om aan die slaap te raak, kan jy ’n koppie tee drink.

Lees ook: Suiker verjaag Klaas Vakie

Alkohol en ’n gedrinkery laataand kan ook tot nagmerries lei, want alkohol onderdruk droomslaap.

Tydens hierdie fase wat jy droom en jou liggaam begin stabiliseer, kan jou drome met mening terugkeer – en nie op ’n vertroostende wyse nie.

Of dalk het jy op die nippertjie besluit om ná ’n aandjie uit na jou pel se huis te gaan.

Dit kan jou angstig maak as jy op ’n nuwe plek wakker word of vergeet waar jy is, en dit kan ook lei tot verwarring in jou drome.

Drink baie water voor jy gaan slaap en maak seker jy’s bewus van jou omgewing.

Stres speel ’n groot rol in nagmerries.

Lees ook: Werkstres laat jou meer eet

In navorsing is bevind tussen 71 tot 96 persent van mense met posttraumatiese-stressteuring sukkel met nagmerries.

Selfs die aanloop tot ’n groot gebeurtenis of iets wat ’n groot verantwoordelikheid vereis, kan ons onrustig maak en die slaappatroon ontwrig.

Goed wat stres kan klop, soos meditasie, kan jou gedagtes help kalmeer, of dra ’n oogmasker en oorpluisies om af te skakel van die wêreld rondom jou vir ’n rustige, stil nagrus.

As jy steeds nagmerries kry, kan jy om professionele hulp aanklop omdat daar dalk meer daarin steek.

Sommige medikasie, soos anti-depressante is al met nagmerries verbind. Moenie versuim om die probleem te behandel nie.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Danspassies van knapie in kruisbande bekoor

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

Monaco se koninklike babas leer glo vier tale, Afrikaans inkluis

Kyk, daar vlieg ’n . . . hond?!

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender