Soos hoekom jou oë effens hang en hoekom jy ’n klein merkie op jou wang het?

Kenners het bespreek wat sekere dinge omtrent jou gesondheid kan aandui sodat jy daaraan kan werk, of jou daaroor kan ophou bekommer.

Mond

As jou tande kort of effens dunner as normaal is, kan dit ’n aanduiding wees dat suur terugvloei. “In so ’n geval stoot suur van die maag op in die slukderm tot in die mond,” het dr. Ben Atkins, ’n tandarts en die eienaar van Revive Dental Care, aan die Daily Mail gesê.  “Maagsuur is skadeliker as gaskoeldrank – dit laat letterlik jou tande wegsmelt.”

En jou tong kan ook gesondheidsprobleme verklap.  ’n Swart tong is die gevolg van bakterieë wat opbou wanneer klein strukture – papillae, wat op die tongoppervlak voorkom – nie afgewerp word soos wat hulle moet  nie. As jou tong ’n effense harige voorkoms het, kan dit as gevolg van rook wees, omdat jy nie jou mond behoorlik skoonmaak nie of as jy antibiotika gebruik. Jy kan jou tong borsel om dit te voorkom.

Vel

Dit is die opvallendste deel van jou gesig, en vlekke kan jou onseker van jouself laat voel. ’n Geel skynsel kan die newe-effekte van medikasie wees, soos as jy medikasie vir hoë bloeddruk gebruik, maar ’n ernstige oorsaak daarvan kan lewerskade wees. Gaan onmiddellik dokter toe as jy ’n verandering in jou velkleur opmerk.

Bruin kolle kan melasma wees – dit is ’n algemene veltoestand waar ligte tot donkerbruin of grys kolle op die vel ontwikkel. Dit is nie skadelik nie, maar kan jou selfvertroue ’n knou gee.

“Die kolle kan so klein soos ’n duimnael wees of groot genoeg om albei wange te bedek,” sê dr. Nick Lowe, ’n konsultant-dermatoloog en voorsitter van die British Cosmetic Dermatology Group. “Dit word deur die hormoon estrogeen veroorsaak, en kan voorkom wanneer vroue swanger is of die Pil gebruik. Dit is geneig om op die gesig voor te kom omdat skade weens die blootstelling aan UVA-strale dit veroorsaak.”

Wit ringe om die iris is ’n aanduiding van hoë cholesterol. “Nog ’n teken van hoë bloeddruk is klein, vetterige neerslae in die oogwit, wat pinguekula genoem word,” sê Francesca Marchetti van die College of Optometrists.

Klein puisies of knoppies op die ooglede en vel rondom jou oë kan ook hoë cholesterol aandui, en is ’n gevaarliker teken daarvan, volgens David Webb, ’n dosent van terapeutika en kliniese farmakologie aan die Universiteit van Edinburgh en ’n kenner in kardiovaskulêre gesondheid. “Dit dui aan dat jy meer geneig as ander mense is om vet te berg; die kans is dus groter dat dit bloedvate kan verstop, wat tot ’n hartaanval of beroerte kan lei,” sê hy.

Hangende ooglede word dikwels aan Bell se verlamming gekoppel – dit is ’n toestand waar senuweevoorsiening aan die oog nie werk nie.

© Cover Media