Dit kom voor wanneer beendigtheid laag is en bene maklik kan breek.

Die algemeenste oorsaak van osteoporose is ouderdom. Van die ouderdom van ongeveer 30 jaar word meer been geabsorbeer as wat gebou word.

Faktore wat beendigtheid negatief beïnvloed:

  • menopouse (veral as dit voor 45 voorkom)
  • lae testosteroonvlakke by mans
  • lae liggaamsgewig
  • anorexia nervosa
  • ondervoeding, veral as kind
  • lae kalsium- en vitamien D-inname
  • spesifieke siektes, byvoorbeeld chroniese niersiektes of ’n ooraktiewe skildklier
  • kortisoon-behandeling (langer as drie maande)
  • rook en oormatige alkoholinname
  • min of geen gewigdraende oefening

Vroue word meer algemeen geraak as mans en genetiese faktore en familiegeskiedenis speel ook ’n rol. Beendigtheid kan bepaal word deur ’n tipe X-straal wat die beendigtheid meet en vergelyk met normale waardes. Behandeling en voorkomende maatreëls kan dan in werking gestel word.

Behandeling sluit in:

  • gewigdraende oefening (stap, trappe)
  • vitamien D- en kalsiumaanvullings
  • estrogeenvervanging in menopousale vroue
  • voorskrifmedikasie (bifosfonate en stronsium) wat beenvorming kan stimuleer