Menopouse verwys na die laaste maandstonde, maar het jy geweet dit word dikwels voorafgegaan deur die perimenopouse?

Simptome begin gewoonlik voorkom tussen 45 en 55. Eierstokke begin minder estrogeen vervaardig, wat lei tot:

  • hittegloede en nagsweet
  • menstruele afwykings
  • slaaploosheid, moegheid en hoofpyn
  • vaginale droogheid en ’n afname in die seksdrang
  • gemoedsteurings, byvooreeld prikkelaarheid, neerslagtigheid en angstigheid
  • verandering in vel en haargroeipatrone
  • osteoporose in ’n later stadium
  • verlies aan blaaseheer

Die logiesste oplossing is ’n estrogeen-aanvulling.

Dit hou dalk verand met borskanker en hartsiektes, maar die moontlike voor en nadele vir elke vrou moet opgeweeg word.

Hormoonvervanging kan in pilvorm, as ’n plakker of as ’n room toegedien word. Die meeste voordele word tydens die eerste vyf jaar van behandeling ervaar.

Die algemeenste neweeffekte sluit in:

  • naarheid
  • hoofpyn
  • gewigstoename; en borsteerheid

Dié toestande is gewoonlik tydelik en stabiliseer ná ’n paar weke.

Onthou, neem genoeg kalsium in en beheer jou

gewig deur oefening en ’n gebalanseerde dieet wat min vet en suiker bevat.

Ondersoek ook jou borste gereeld vir knoppe.