Simptome: Niespesifieke virussimptome soos koors, moegheid, hoofpyn, onderdrukte eetlus, vergrote mangels, seer keel, geswelde kliere (veral in die nek), buikpyn en naarheid. By volwassenes kan ’n veluitslag binne die eerste 10 dae ontstaan. Die simptome word dikwels met ’n bakteriële keelinfeksie of griep verwar. Dit hou langer aan as griep en die keelinfeksie klaar nie met die gebruik van antibiotika op nie. Die siekte kom hoofsaaklik by adolessente en jong volwassenes voor. Dit word deur regstreekse mond-tot-mond-kontak versprei.

Dit word ook die "kissing disease" genoem

Daarom word dit ook die “kissing disease” genoem. Die siekte kom dikwels in klein epidemies voor. In jong kinders (onder 5 jaar) is die simptome gewoonlik baie gering.

Ná aanraking met die virus duur dit gewoonlik 7 tot 10 dae voor die simptome begin. Dit kan ook langer duur. In minder kwaai gevalle word die diagnose dikwels nie gemaak nie omdat simptome sonder spesifieke behandeling opklaar.

Die diagnose word met behulp van bloedtoetse gemaak.

By volwassenes kan die verloop van die siekte wissel; sommige mense kan lang tye met tussenposes koors, opgeswelde kliere, sweet en moegheid beleef.

Behandeling berus hoofsaaklik op genoeg rus en simptoomverligting met anti-inflammatoriese middels en kortikosteroïede.