Liggeel is waarskynlik die algemeenste kleur, met 96 persent wat uit water bestaan en die res afvalstowwe. Dié kleur kom van ’n geel pigment, urochroom, ’n neweproduk in die afbreek van die groen gal wat vertering bespoedig. Urochroom dien nie regtig ’n doel nie, maar die uroloog Marc Laniado van Windsor Urology in Berkshire, verduidelik dat dit nuttig is om te kyk hoe verwater urine is. “Die ideaal is dat as urine in ’n deurskynende bottel is, jy ’n koerant of iPad daardeur kan lees. As jou urine donkerder is, kan dit daarop dui dat jy meer (water) moet drink,” het hy aan Mail Online verduidelik.

Moet dus nie bang wees om ’n ogie te hou oor jou urine nie, en spreek jou dokter as die kleur opmerklik verander.

As jy heldergeel urine het, kan dit ’n aanduiding wees van ’n oormaat vitamiene. Mense wat aanvullings inneem, sal die kleur van hul urine sien verander omdat die tablette meer vitamiene bevat as wat die liggaam kan absorbeer, maar as jy by vrugte en groente as natuurlike bronne van vitamiene hou, sal die verkleuring minder opmerklik wees.

“Die liggaam kan vitamiene B en C vinnig absorbeer, maar kan dit nie opberg nie; daarom moet dit uitgeskei word in urine,” het Neal Patel van die Koninklike Aptekersvereniging gesê oor die wateroplosbare voedingstowwe. Ook laat blou lig van die natuurlike ligspektrum jou urine helderder lyk.

Oranje kan aandui dat jy ontwater is, wat dalk soggens die geval kan wees as jy heelnag niks gedrink het nie. Of jy eet dalk te veel souterige kos, wat veroorsaak dat jou natriumvlakke ongebalanseerd word en jou niere meer water opgaar, wat veroorsaak dat jou urine verdonker.

Net so kan jou galbuis geblokkeer word deur iets soos ’n sist, of in ernstiger gevalle, ’n gewas wat geelsug kan veroorsaak.

Ander vreemde kleure, soos blou of groen, hoef jou nie regtig te bekommer nie omdat dit kan wees weens gekleurde kos, soos koek. Dieselfde geld rooi of pienk urine. Medikasie kan ook ’n rede wees waarom jou urine ’n buitengewone kleur is.

Pers kan wel ’n aanduiding wees van die skaars genetiese afwyking porfirie. Dit gebeur wanneer jou liggaam te veel van die pers pigment porfirien vervaardig, wat bloedselle suurstof in die liggaam help versprei. Wit of troebel urine moet ook ernstig opgeneem word omdat dit kan dui op ’n bakteriële ontsteking.

Moet dus nie bang wees om ’n ogie te hou oor jou urine nie, en spreek jou dokter as die kleur opmerklik verander.

© Cover Media