Die Afrikaanse sanger Kurt Darren, wat die naweek in ’n motorongeluk was, het agt ribfrakture opgedoen. Dit is ’n besering wat algemeen by motorongelukke voorkom. Wat is ’n ribfraktuur en hoe moet dit behandel word?

  1. ’n Ribfraktuur is ’n kraak of breuk in een of meer van jou ribbebene.
  2. Jou ribbe is die ronde, lang bene in jou borskas wat om jou bolyf vou. Hulle verbind jou borsbeen aan jou ruggraat.
  3. ’n Ribfraktuur kan baie pynlik wees, want jou ribbe beweeg wanneer jy asemhaal, hoes of jou bolyf beweeg.
  4. Die ribbe in die middel van jou borskas is dié wat die gereeldste breek.
  5. Dit kan ’n gebreekte rib minstens ses weke neem om te genees.
  6. Tensy ander organe beseer is, kan jy by die huis aansterk. Die meeste mense met gebreekte ribbes het nie ’n operasie nodig nie.
  7. As jy ’n gebreekte rib het, sal dokters nie verbande of belde om jou borskas bind nie, want dit keer dat jou ribbes beweeg wanneer jy hoes of asemhaal en kan veroorsaak dat jy longontsteking ontwikkel.
  8. Pasiënte met gebreekte ribbes het dalk voorskrif-pynstillers nodig terwyl die bene heel omdat dit so seer is.
  9. Diep asemhaling en hoesoefeninge kan help keer dat jou long platval of dat jy longontsteking opdoen.
  10. Bedrus en strawwe liggaamlike aktiwiteite word nie aanbeveel nie.
  11. Terwyl jy aansterk, moet jy beweging vermy wat pynlike druk op jou ribbes plaas.
  12. Wees op die uitkyk vir die newe-effekte van die langdurige gebruik van pynmedisyne.

BRON: Health24