Wat het die Hollywood-sterre Marilyn Monroe, Susan Sarandon, Whoopi Goldberg, Julianne Hough en Lena Dunham gemeen? Behalwe dat hulle almal supersterre is, ly hulle (of het gely) aan endometriose, ’n pynlike kwaal wat ’n uitwerking op ’n vrou se baarmoeder het.

Hoewel die chroniese siekte volgens die Endometriose-stigting minstens 6 miljoen vroue in Amerika en 2 miljoen vroue in Brittanje raak, word baie vroue nie dadelik gediagnoseer nie, of die diagnose is nie korrek nie.

Aangesien dit Endometriose-bewustheidsweek is, kyk ons na die algemene siekte wat so baie vroue wêreldwyd raak.

Wat is endometriose?

Die siekte word veroorsaak wanneer die weefsel wat die voering van die baarmoeder vorm (die endometruim) buite die baarmoeder groei – gewoonlik in die buik, eierstokke, Fallopius-buis en die ligamente wat die baarmoeder ondersteun. Ander plekke waar endometriese groeisels kan voorkom, is die blaas, derms, vagina, serviks, skaamlippe en operasielittekens in die buik.

Wat is die simptome?

Die simptome wat met endometriose verbind word, verskil van mens tot mens. Baie vroue ervaar pyn in die pelvis, het pynlike maandstonde, ly aan depressie en moegheid en het probleme om swanger te raak.

Lees ook: Rokers let op! Hier is waarom jy vandag nog jou laaste dampie moet slaan

Die pyn is in sommige gevalle knaend. In een studie, wat deur die Wêreld-endometriose-stigting geborg is, is bevind tussen 44 en 66 persent van vroue met endometriose wat spesialiste besoek het of wat aan ’n pasiëntevereniging deelgeneem het, het chroniese pyn of pyn wat langer as ses maande geduur het.

Kan die pyn verlig word?

In sommige gevalle help hormoon-geboortebeperking die lyers om die pyn te verlig wat deur endometriose veroorsaak word. Dokters kan vir vroue wat wil swanger raak, medikasie voorskryf wat die liggaam verhoed om die hormone wat vir ovulasie en menstruasie verantwoordelik is, te vervaardig. Deur ’n vrou se liggaam in ’n tydelike menopouse te plaas, word die groei van endometriose vir ’n tydjie stopgesit en, volgens die Kantoor van Vrouegesondheid in Amerika, kan haar liggaam dan genees.

Die simptome sal ook by sommige vroue verbeter ná menopouse, aangesien die groeisels stadig begin krimp sodra die liggaam nie meer estrogeen vervaardig nie. In uiterste gevalle kan ’n vrou haar baarmoeder en serviks, sowel as albei haar eierstokke, chirurgies laat verwyder.

Wat word gedoen om ’n kuur te help vind?

Die oorsake van endometriose is nie ten volle bekend nie en die diagnose verg ingrypende chirurgie. Geen beskikbare mediese en chirurgiese behandelings kan die siekte genees nie.

Navorsers by die Universiteit van Liverpool se Instituut van Verplasingsmedisyne gaan egter, in samewerking met die universiteite van Edinburg en Oxford, van 10 tot 16 Maart ’n nasionale opname in Brittanje begin ten einde meer lig op die siekte te werp.

Volgens dr. Dharani Hapangama, kliniese senior lektor en konsulterende ginekologiese chirurg, is die doel van die opname om inligting te verskaf oor watter velde, volgens mense se mening, die belangrikste is om navorsing op te fokus.

Lees ook: ‘Liefie’ hier en ‘skattie’ daar: Basta met troetelname op kantoor sê vroue

“Ons wil van vroue hoor wat aan endometriose ly, ons wil van hul maats, gesinne en families, vriende en geliefdes, verskaffers en deskundiges van gesondheidsorg, asook werkgewers hoor ten einde te kan verstaan wat die belangrikste onbeantwoorde vrae rakende hierdie siekte is,” het dr. Hapangama gesê.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vrou doen haar voor as terminaal siek om kankerbehandeling te kry

‘Ek is moeg, ek wil nie meer so lyk nie,’ vertel mismoedige Worcester-man met aardige groeisel aan sy nek

Nuwe inligting oor vermeende ‘Rhodes-verkragter’ bekend

Huisgenoot-joernalis vertel die storie van die barmhartige Samaritaan wat sy verlore beursie terugbesorg het

Vrou praat oor jarelange gewigstryd en hoe sy eindelik 40 kg verloor het – ‘ek sou net eet en eet en eet’