Party lyers raak ook behendig met die manipuleer van situasies sodat mense nie dink hulle het ’n probleem nie. Hulle kan drie tot vyf jaar met die siekte saamleef voor dit ontdek word.

Alzheimersiekte is ongeneeslik, maar medikasie kan die simptome verlig en die geheue aanhelp. Medikasie word dikwels voorgeskryf vir angstigheid, slaaploosheid en bed natmaak.

As jou ouers of sibbes die siekte het, het jy ’n groter risiko daarvoor, en die kans neem toe as meer as een familielid dit het. Bloedtoetse word tans vir navorsingsdoeleindes gedoen, maar daar kan nie vir ’n spesifieke geen getoets word om te bepaal of jy die siekte sal kry nie.

Iemand wat vermoed hulle het die siekte, moet ’n assessering laat doen. As dit vroeg ontdek word, kan die lyer meer insette hê in sy lewensbesluite vorentoe.

Familielede van pasiënte moet ook hulp kry; jy kan dit nie alleen hanteer nie. Win kennis in en probeer verstaan wat die lyer ervaar. Besoek www.alzheimers.org.za.