Het jy al ooit in die middel van ’n droom besef die wêreld om jou is nie werklik nie? Dat jy droom?

In ’n studie waarvan die bevindinge onlangs in die vaktydskrif Dreaming gepubliseer is, het sielkundiges van die Universiteit van Lincoln in die Verenigde Koninkryk bevind helder dromers het groter insig in alledaagse probleemoplossing.

Dié mense het die vermoë  om vindingryk te dink – dieselfde proses wat hulle in staat stel om te besef wanneer hulle droom.

Maar wetenskaplikes waarsku daar kan ook newe-effekte wees, soos dat jou brein nie dieselfde rus kry met helder slaap as wanneer jy heeltemal afskakel nie.

Bron: THEATLANTIC.COM