So sê Pharma Dynamics, Suid-Afrika se voorste verskaffer van generiese medisyne vir verkoue en griep.

Volgens Mariska van Aswegen, woordvoerder van Pharma Dynamics, raak ouers byna twee keer so maklik siek as enigiemand anders.

“Jong kinders is ’n vrugbare besmettingsbron vir kieme en as hulle by ’n kleuterskool, gewone skool of waar hulle ook al met ander kinders in aanraking kom, is hulle in ’n super-kiemomgewing. Dit maak hulle die volmaakte draers van siekte en om virusse aan te dra.

“Kinders gee mekaar gedurig drukkies, raak aan mekaar en hoes op mekaar. Hulle kou aan speelgoed; dus deel hulle speeksel en dan omhels, soen en liefkoos die ouers hulle.

Lees ook: Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

“Dit is geen wonder nie dat die deursnee-ouer meer dikwels verkoue kry in vergelyking met dié wat nie kinders het nie,” sê sy.

’n Onlangse studie aan die Universiteit van Utah se mediese skool bevestig hierdie neiging. Hulle het bevind in die geval van gesinne met twee, drie of vier kinders, is daar net minder as 60 persent van die tyd die een of ander soort virus in die huishouding teenwoordig, terwyl kinderlose huishoudings slegs drie tot vier weke per jaar met virusse aangesteek word.

Elke bykomende kind in ’n huishouding verhoog ’n gesinslid se kans om siek te word. Gesinne met net een kind word ongeveer 18 keer per jaar positief getoets, terwyl dié met meer as vier kinders ongeveer 45 weke per jaar positief getoets word; dis ’n yslike 87 persent van die tyd.

Van Aswegen voeg by dat ouers wat saam met jong kinders woon,1,5 keer meer geneig is om siek te raak aangesien kinders onder vyf die helfte van die tyd minstens een virus in hul speeksel het.

“Aangesien ons nog ’n griep-en-verkoue-seisoen binnegaan, is dit noodsaaklik dat dié wat gevaar loop – veral ouers van jong kinders – hul immuunstelsel ’n hupstoot gee, en hulself terselfdertyd beskerm teen bronne van oor-en-weer-besmetting.

“Vir ’n ouer met klein kindertjies is dit egter moeilik om na hulself om te sien wanneer hulle siek is aangesien hulle na siek gesinslede moet omsien. Dit maak die hersteltydperk soveel moeiliker – en onaangenamer.

“Mense vra my dikwels of dit enigsins sin het om die verspreiding van die infeksie te probeer keer deur byvoorbeeld ’n masker te dra, maar die mees praktiese manier om jouself (en jou gesin) te beskerm, is om jou hande dikwels behoorlik te was.

“Dit kan die kans dat jy jou kind se verkoue aansteek, met ’n derde tot die helfte verminder. Nog ’n manier is om weg te bly van dokters se wagkamers, noodkamers en die winkels en ook om openbare vervoer so ver moontlik te vermy.

“Gebruik ook jou oordeel rakende jou situasie. As jy swanger is en verskeie griepaanvalle gehad het, of ’n pasgebore baba het, behoort jy werklik ’n masker te dra.

“Benewens om jou groente te eet, is genoeg slaap nog ’n faktor wanneer jy griep en verkoue beveg. Navorsing bewys dat mense wat ses uur en minder per nag slaap, vier keer meer geneig is om verkoue te kry nadat hulle aan ’n virus blootgestel is, vergeleke met dié wat meer as sewe uur per nag slaap.

“Die meeste ouers kry moontlik nie genoeg slaap nie, maar dit is noodsaaklik vir ons welsyn; dus moet jy probeer om jou dag versigtig te beplan om te verseker dat jy genoeg tyd in droomland deurbring,” is haar raad.

Lees ook: Dié kosse bevorder immuniteit

Van Aswegen sê ’n skoon en stofvrye huis is ewe belangrik. Dit kan dalk die moeite werd wees om ’n lugfiltreerder aan te skaf om die lug in jou huis te suiwer, veral as jou gesin die een golf siektes ná die ander ervaar het.

“Daar is eintlik geen kuur vir die gewone griep of verkoue nie, maar dit kan ouers wat min tyd het, loop om aanvullings te neem wat hul immuunstelsel ’n hupstoot gee. Wees op die uitkyk na dié wat vitamien C, sink en Echinacea bevat, soos Efferflu C en Immune Booster, want as hulle gekombineer word, werk hulle uitstekend om griep en verkoue teen te werk.”

Volgens haar is daar voordeel in hierdie kwessie van gedeelde siekte indien jy wel jou kind se verkoue aansteek.

“Wanneer ’n kind teen die ouderdom van ongeveer ses maande begin om ’n werkende immuunstelsel te ontwikkel, is blootstelling aan algemene virusse en kieme nie noodwendig skadelik nie, aangesien dit help om die immuunstelsel te bou en te stimuleer.

“Dit is belangrik om te onthou dat ’n kind se immuunstelsel eers op 12 of 15 ten volle ontwikkel sal wees. Hulle bereik dan eers volwasse vlakke van teenliggaampievorming; dus kan daar nog ’n klompie moeilike jare vir jou voorlê, maar namate die kinders groter word, sal dit hulle help om ander ontstekings te beveg en sal hulle op lang termyn gesonder bly,” sê sy.

Ander stories op Huisgenoot

Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly