’n Studiestuk, geloods deur die Universiteit van Utah, het die patrone van senuweeverbindings in die brein van “gewoonte-kortslapers” bestudeer.

Die navorsers het mense wat in die afgelope maand ’n gewone hoeveelheid slaap (agt ure) gekry het, vergelyk met dié wat berig het hulle het ses of minder uur geslaap.

Hulle het die kortslapers in twee groepe verdeel: dié wat wanfunksie – soos om te lomerig te voel om gewone take te verrig – vergelyk met dié wat gemeld het hulle voel piekfyn.

Lees ook: Wat beteken ’n gelukkige verhouding vir my slaapgewoontes?

Die navorsers het in hul resultate beweer albei groepe kortslapers het, solank hulle in die MRI-skandeerder was, aansluitbaarheidspatrone getoon wat meer kenmerkend was van slaap as van wakker bly.

En hoewel die deelnemers aangesê is om wakker te bly in die skandeerder, kon party van die kortslapers moontlik vir kort tydjies ingesluimer het – selfs dié wat beweer het hulle raak nie moeg weens min slaap nie.

Prof. Paula Williams, medeskrywer van die studiestuk, sê die kort slapers wat ontken het hulle voel moeg, het verhoogde aansluitbaarheid tussen sensoriese skorse wat die uitwendige sensoriese inligting verwerk, en die hippokampus, ’n deel wat met geheue verbind word.

“Dit skep verwagtings, want dit suggereer dat een van die dinge wat die kortslapers moontlik in die skandeerder doen, is om verstewiging van die geheue doeltreffender uit te voer as nie-kortslapers,” het sy gesê.

Sommige kortslapers kan met ander woorde in staat wees om slaapgelyke geheueverstewiging en breintake bedags uit te voer en so hul behoefte aan slaap snags verminder.

Lees ook: Kyk net watter wonderlike voordeel hou meer slaap in!

Of hulle kan onbewustelik in die dag aan die slaap raak.

Die navorsers hoop om meer ondersoeke te doen om uit te vind of dit werklik goed gaan met kortslapers wat wanfunksionering ontken.

“Ons stel veral daarin belang om die wanverhouding te begryp tussen mense se opvatting van hul funksionering en hoe hulle werklik funksioneer. Almal is nie ewe akkuraat nie,” het Paula gesê.

Die tydskrif Brain and Behaviour het die bevindings gepubliseer.

© Cover Media