Het jy al gewonder waarheen jou vet verdwyn? Wetenskaplikes het nou bekendgemaak dit verdwyn in die lug!

Navorsers aan die Universiteit van Nieu-Suid-Wallis in Australië het bevind sodra vet afgebreek word, word die meeste daarvan uitgeasem in die vorm van koolstofdioksied.

Niks klop daai gevoel wanneer jy sien hoe die rolletjies wegsmelt nie. Foto: Pexels

’n Gehyg lei egter nie as sodanig tot gewigsverlies nie. Asemhaling is nie hoe jy van die vet ontslae raak nie; dit is bloot die laaste stap in die metaboliese proses.

“Dis verstommend hoe onkundig en verward mense in die algemeen is oor die metaboliese proses wat met gewigsverlies gepaardgaan,” het prof. Andrew Brown, hoof van die universiteit se departement biotegnologie en biomolekulêre wetenskap, gesê.

Die resultate van die navorsing, wat in die Britse Mediese Joernaal gepubliseer is, verklaar waarheen die vet gaan sodra ’n mens dit verloor. 

As jy 10 kg vet sou afskud, sal 8,5 kg daarvan as koolstofdioksied uitgeasem word en 1,6 kg omgesit word in water, wat as urine, ontlasting en ander liggaamsvloeistowwe uitgeskei word.

Oefening en die regte dieet help jou die vet afskud, waarna jou liggaam dan deur asemhaling en vogtigheid daarvan ontslae raak. 

“Vanweë die wêreldwye vetsugkrisis moet almal weet waarheen die vet gaan,” het Ruben Meerman, wat die navorsingsprojek gelei het, gesê.

“Die meerderheid van vetmassa word as koolstofdioksied uitgeasem. Dit verdwyn in die lug.”

Bronne: Metro.co.ukscience.unsw.edu.au.