Is jy pynlik bewus van daardie hoendervleis op jou arm, die aknee op jou gesig, die selluliet op jou bobene en die maagvetjies wat maar net nie wil weggaan nie?

Ja? Dan is jy waarskynlik ’n slagoffer van die onrealistiese maatskaplike en kulturele ideale oor vroue se liggame. Dis dit wat ons laat voel ons is nie goed genoeg nie.

model

Sodra jy ophou om jouself te meet aan andere se opvatting van skoonheid, sal jy agterkom hoeveel jy het om voor dankbaar te wees. Skep ’n gesonde liggaamsbeeld en wees gelukkiger deur hierdie wenke te volg:

1. Verander jou waarneming

Waarneming is werklikheid. Verander jou denke. Hou op met al jou neerhalende aanmerking en self-kritiek. Dis nie goed vir jou nie; dit boender jou in ’n donker plek in waar niemand jou kan sien nie.

Die pad uit daardie donkerte is om anders te begin dink. Begin klem lê daarop waarvan jy hou. Konsentreer op die dele van jou liggaam wat jy aanvaar. Jy sal nie net jou waarneming verander nie, maar jou liggaamsbeeld sal positiewer wees.

Jy sal ook die selfvertroue van jou nuwe, beter liggaamsbeeld uitstraal.

2.    Hou op aandag soek

Om gedurig self-foto’s te neem en jou profielfoto op sosiale media te verander, om te vra of jy goed lyk in jou nuwe, kleiner romp, sal jou nie beter laat voel nie.

Om aandag te soek en te kry gaan jou nie help om beter te voel nie. Straal selfvertroue uit en die komplimente sal weldra instroom.

3. Sê dit hardop

Moenie met jou vriendinne wedywer oor wie die vetste is nie. Is jy skuldig hieraan? Jy: “Ek lyk so vet in hierdie jeans!” Vriendin: “Jy is nie die vet een nie, het jy al my agterstewe gesien?”

Komaan, daar is beter onderwerpe waaroor julle kan gesels wat jou goed oor jouself sal laat voel.

Hou op jouself bejammer. Leer liewer hardop praat oor dit waarvan jy hou. Sê: “My agterstewe lyk so goed in hierdie jeans!”

Of leer ’n mantra wat jy elke keer opsê wanneer jy in die spieël kyk of lyfroom aansmeer. Iets soos: “Ek is mooi omdat ek ek is, en my uiterlike skoonheid weerspieël my innerlike krag.”

4.    Gryp die plaknota’s

Dit kan dalk ’n rukkie duur tot jy jou denkwyse verander. Om te help gryp ’n paar plaknota’s en skryf motiverings vir jouself. Skryf jou gunsteling-aanhalings neer oor selfliefde en liggaamsbeeld, die beste komplimente wat jy ontvang het, dit waarvan jy van jou liggaam hou.

Om deur hierdie positiewe stellings omring te wees sal jou help om die afbrekende gedagtes in jou kop te bestry.

5.    Behandel jouself soos ’n vriendin

Ontleed wat jy gesê het wanneer jy met jouself gesels. Sal jy so met jou beste vriendin praat? Sal jy daardie woorde gebruik? Praat met respek met jouself en dink meer van jouself.

Tetra Pak

Hier is ’n paar inspirerende aanhalings vir daardie plaknota’s

Om te wens jy is iemand anders is om die mens wat jy is, te vermors. – Onbekend

Iets wat pragtig is, is nooit perfek nie. – Egiptiese gesegde

Die basis van alle geluk is gesondheid. – Leigh Hunt, digter

Phenomenal Woman (Maya Angelou: Amerikaanse skrywer en digter)

Pretty women wonder where my secret lies.

I'm not cute or built to suit a fashion model's size

But when I start to tell them,

They think I'm telling lies.

I say,

It's in the reach of my arms

The span of my hips,

The stride of my step,

The curl of my lips.

I'm a woman

Phenomenally.

Phenomenal woman,

That's me.

Deur Faiza Mallick

Bronne: womenshealthmag.com, kotex.com

Fotos: Flickr – Tetra PakLuca Sartoni