Meditasie sal jou help fokus en stil raak, en sorg dat jy meer bewus dog kalmer is. Maak jou so reg daarvoor:

  1. Kies ’n rustige omgewing. Dit hoef nie ’n groot ruimte te wees nie; jy kan op jou kamervloer en selfs in die skoolbiblioteek mediteer. Die buitelug is ook ’n goeie keuse. Kry net ’n privaat, stil plekkie. Vermy enigiets wat jou aandag gaan aflei, soos ’n TV en selfone.
  2. Maak seker jy’s warm en gemaklik; anders gaan jy heeltyd dink aan hoe ongemaklik jy is terwyl jy moet mediteer. Strek ’n bietjie voor jy begin om jou meer ontspanne te laat voel.
  3. Besluit hoe lank jy wil mediteer. Jy kan begin met vyf minute per dag.
  4. Dit maak nie saak hoe jy sit nie, solank jy mooi regop sit. Verbeel jou jou kop word liggies opgetrek en dat dit aan die lug bo jou raak.
  5. Sluit jou oë en let op jou asemhaling. Moenie dit waaraan jy dink, probeer beheer nie. Aanvaar jou gedagtes en gevoelens en neem kennis van sterk emosies.

- Megan Bursey

BRONNE: wikihow, goodlifezen