Behalwe dat dit jou vriende irriteer wanneer jy in hul geselskap met jou slimfoon besig is, kan oormatige gebruik van dié toestel selfs sleg wees vir jou gesondheid. Nicholas Carr, die skrywer van The Shallows: What the Internet is Doint to Our Brains, sê mense se slimfoongebruik is op ’n ander vlak as ons interaksie met skootrekenaars.

Mense hou hul slimfone byderhand vandat hul wekker soggens (tien teen een op hul slimfoon) afgaan, tot wanneer hul saans weer die (selfoon)lig afskakel.

“Slimfone skep gedurig onderbrekings en afleidings en beroof mense van die geleentheid om hul aandag op een ding te vestig of selfs net om alleen oor iets na te dink.”

Is jy verslaaf?

  1. Afwagting. Jy dink aanhoudend oor oproepe of boodskappe wat jy dalk kan ontvang.
  2. Bemoei werklike interaksie. Jy kies om tyd op jou slimfoon deur te bring pleks dat jy met jou vriende of familie kuier of aan ander aktiwiteite deelneem.
  3. Emosionele reaksie. Jy raak moeilik wanneer iemand jou onderbreek terwyl jy op jou slimfoon doenig is.
  4. Onttrekkingsimptome. Jy is geïrriteerd wanneer jy nie jou slimfoon by jou het nie.
  5. Probleemerkenning. Jy besef jy gebruik jou slimfoon te veel en jy probeer dit minder gebruik, maar weet nie hoe nie.

-Shané Barnard

Bronne: WikiHow.com, Menshealth.com, WebMD.com