Dit word gedoen deur jou borsspiere onder jou borsweefsel te laat oefen.

Hierdie vyf eenvoudige oefeninge sal jou borste ’n hupstoot gee:

Lêende borsvlieg

Hiervoor sal jy twee handgewigte nodig hê. Lê op jou rug met jou heupe en knieë teen ’n hoek van 90 grade (sodat dit lyk of jy op ’n onsigbare stoel sit). Gebruik jou maagspiere om jou rug teen die mat te druk en bring jou arms na die plafon terwyl jy die handgewigte intrek sodat dit teenoor mekaar is.

Maak jou arms weer oop en laat sak dit met ’n uitwaartse beweging na die vloer. Bring jou arms weer in oor jou bors. Herhaal 12 keer.

Geboë agteruitvlieg

Doen nou die vliegoefening terwyl jy staan. Jou voete moet skouerbreedte uitmekaar wees en jou knieë effens gebuig. Hou jou gewig vorentoe. Hou ’n handgewig in elke hand en begin met jou arms voor jou met jou palms vorentoe. Lig jou arms na die kant toe terwyl jy jou palms uitwaarts hou en druk jou skouerblaaie saam. Laat sak jou arms en herhaal. Jou rug moet reguit gehou word. Herhaal 12 keer.

Opstote

Begin in ’n plankposisie. Stoot jouself op en laat sak tot jou elmboë gebuig is en jou skouers in lyn is daarmee. Druk weer op en herhaal 10 keer. Sit ’n gimnastiekbal onder een arm vir ’n hoër moeilikheidsgraad.

Bors-aangee

Lê op jou rug met jou knieë gebuig en jou voete plat op die vloer. Hou ’n gimnastiekbal teen jou bors en gooi dit so hoog as wat jy kan reguit opwaarts. Vang die bal met reguit arms en laat sak dit terug tot op jou bors. Herhaal 20 keer kort na mekaar. Maak seker jou maagspiere word ingespan deur jou rug teen die vloer te druk.

Bors-strek

Gaan sit op jou hurke met jou arms agter jou en jou palms plat op die vloer (jou vingers moet weg van jou af wys). Druk jou hande teen die grond terwyl jy jou bors strek en jou rug krom maak. Hou 30 sekondes.

© Cover Media