Die deskundiges van die Harvard School of Public Health het boonop ’n verband gevind tussen mense met slaapstoornisse en depressie, gewigsprobleme en hoë bloeddruk.

Data van meer as 130,000 vroue is ’n dekade lank bestudeer en nie een van die deelnemers het aanvanklik aan kardiovaskulêre siektes, kanker of diabetes gely nie.

Lees ook: Selfhelpwenke vir stres

Hulle het aan twee studies deelgeneem, naamlik die Nurses’ Health Study (NHS, 2000 – 2010) en die NHSII (2010 -2011). Hulle is daarna gevra om hul gesukkel om te slaap aan te dui as “altyd” of “die meeste van die tyd”.

Ná die 10 jaar is 6,407 gevalle van diabetes aangeteken deur vroue wat aan een van vier slaapstoornisse gely het: moeilik slaap, dikwelse gesnork, slaap vir minder as ses ure per nag en slaapapnee (wanneer lyers herhaaldelik ophou asemhaal terwyl hulle slaap).

Wat selfs meer kommerwekkend is, is die feit dat vroue wat aan vier van die vyf toestande gely het, se risiko viervoudig verhoog het.

Tipe 2-diabetes kom voor wanneer die liggaam nie self genoeg insulien vervaardig om behoorlik te kan funksioneer nie, of as selle nie op insulien reageer nie. Die uiteinde is dat die persoon gedurig moeg voel, aangesien die glukose nie as brandstof vir energie gebruik word nie, want dit bly in die bloedstroom.

Lyers word ook meer dikwels dors en hulle urineer meer as gewoonlik.

Lees ook: Só baat jy by badtyd

"Slaapprobleme is veral geassosieer met Tipe 2-diabetes,” het die wetenskaplike wat die navorsing gedoen het, dr. Yanping Li, van die Harvard T. H. Chan School of Public Health, gesê.

“Hierdie verwantskap word verklaar deur assosiasies met simptome van hipertensie, LMI en depressie, en dit was veral sterk wanneer dit met ander slaapstoornisse gekombineer word.

"Ons bevindings beklemtoon die belangrikheid van goeie slaappatrone en voldoende slaap, ten einde Tipe 2-diabetes te voorkom.

"Hierdie bevindings verskaf die bewyse aan kliniese dokters en navorsers ten opsigte van openbare gesondheid, ten einde diabetes in die toekoms te voorkom in ’n gemeenskap met ’n hoë risiko as gevolg van allerlei slaapstoornisse.”

Die studie is in Diabetologia, die tydskrif vir die Europese Vereniging vir die Studie van Diabetes, gepubliseer.

© Cover Media