Die nabehoedpil is lank reeds vryelik beskikbaar en vroue kan dit in die apteek koop of hulle kan ’n afspraak met ’n dokter reël om dit te bekom.

Maar onlangs het navorsers bevind vroue is steeds huiwerig om daarvoor te vra, en so loop hulle gevaar van onbeplande swangerskap.

HRA Pharma, vervaardigers van die nabehoedpil ellaOne, het uitgevind dat bykans ’n derde van die vroue wat aan die opname deelgeneem het, beken het dat dit vir hulle ongemaklik is om noodvoorbehoeding te vra, terwyl 34 persent van dié wat dit al voorheen gebruik het, verskonings uitgedink het om hul verleentheid te verberg wanneer hulle daarna vra.

’n Vyfde van die deelnemers het erken hulle sal niemand daarvan vertel as hulle die nabehoedpil moet drink nie, en meer as ’n kwart het gebieg hulle sal wag tot die apteek leeg is voor hulle sal vra om die pil te koop.

Lees ook: ’n Koppie tee per dag kan die hart gesond hou

Blykbaar word vroue se huiwering om noodvoorbehoeding openlik te bespreek daardeur vererger dat hulle nie hul eie vrugbaarheid heeltemal verstaan nie; dit kan hulle aan onbeplande swangerskap blootstel.

“Ovulasie is uiters onvoorspelbaar; daarom is bevrugting amper heeltyd gedurende ’n vrou se maandelikse siklus moontlik.

Dit beteken daar bestaan nie iets soos ’n ‘risikovrye tydperk’ nie,” het Deborah Evans, ’n apteker, verduidelik.

“Hierdie navorsing toon byna ’n kwart van die vroue het verlede jaar erken hulle het onbeskermde seks gehad terwyl hulle nie beplan het om swanger te raak nie.

Lees ook: Maak sout dalk jou kind vet?

Die verwarring rakende ovulasie plus verleentheid oor die onderwerp van noodvoorbehoeding, beteken dat vroue liewer kanse waag as om stappe te doen om hulself te beskerm teen ’n onbeplande swangerskap.”

Sy raai vroue sterk aan om ’n apteker of dokter so gou moontlik ná onbeskermde seks te spreek, want dit is hul werk om klante te help om die beste moontlike behandeling te kry.

Die meeste van die apteke het ’n plek waar klante die apteker privaat kan spreek; dus moedig sy vroue aan om die nabehoedpil as ’n ingeligte, sinvolle keuse te beskou om onbeplande swangerskap te vermy.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hierdie 19-jarige perderuiter is die wêreld se jongste biljoenêr

‘Ons kruip weg vir veiligheidspolisie,’ vertel vasgekeerde SA gesin angsbevange uit Oman

Ag moeder! Kyk net hoe oulik is AB de Villiers se kleinding!

Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet