In ’n studie deur die handelsmerk in intieme gesondheidsprodukte Balance Activ, as deel van die bewusmakingsmaand bakteriële vaginose, is bevind vroue is meer geneig om hul getal seksmaats met ’n vriend of vriendin as hul wederhelf te bespreek.

Meer as ’n derde sal met vriende praat oor hoe gereeld hulle seks het en ’n kwart sal praat oor hul avontuurlustiger streke tussen die lakens; drie uit 10 sal besonderhede deel oor waar die daad gebeur het.

Dit blyk vroue deel heelwat minder inligting met hul lewensmaat: ’n Derde van die vroue sou vir ’n vriendin vertel as hulle al met hul baas geslaap het, teenoor slegs vyf persent wat dit met hul lewensmaat sou deel.

Lees ook: Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

Dit blyk baie min vroue is bereid om intieme gesondheidsprobleme oor die algemeen met ander te deel: Minder as ’n vyfde praat met hul vriende of vriendinne daaroor en mans is ewe stil hieroor, want net ses persent praat daaroor.

Verleentheid en vrees vir verwerping is glo van die redes waarom vroue nie eerlik is nie: ’n Tiende erken hulle is bekommerd hul vriende sal hulle veroordeel as hulle oop kaarte speel.

Bakteriële vaginose is ’n algemene toestand waar die balans van bakterieë in die vagina “ontwrig” word. Hoewel dit niks ongewoons is nie, is daar nie baie begrip oor die probleem nie.

Dr. Dawn Harper van die TV-program Embarrassing Bodies doen bewusmakingswerk en moedig vroue aan om te praat.

“Ons weet vroue hou van praat. Maar ons stel belang daarin om te sien waaroor hulle bereid is om te praat en hoekom intieme gesondheid so ’n moeilike onderwerp is,” sê Dawn, handelsmerkambassadeur vir Balance Activ.

Lees ook: Wat veroorsaak jou nagmerries?

“Die huiwering om intieme gesondheid te bespreek, beteken dis nie verrassend dat amper die helfte van vroue nog nie gehoor het van algemene toestande soos bakteriële vaginose nie.

“Dit raak ’n derde van vroue en kan deur alledaagse dinge veroorsaak word, soos oormatige gewas, maandstonde of selfs sperma, maar weens misdiagnose word dit dikwels nie behandel nie.

“Dit kan soms lei tot ernstige komplikasies, insluitend die verhoogde risiko van ’n seksueel oordraagbare ontstekings, vroeggeboorte en miskrame; daarom is dit noodsaaklik om openlik te praat oor intieme gesondheid en die regte diagnose te kry.

“Ons hoop ons veldtog sal vir vroue wys daar is geen rede om skaam te wees oor intieme gesondheid nie en om daaroor met vriende, lewensmaats en dokters te praat.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou Blake Lively deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat