Vir die 21-jarige Georgie Scotney van Portsmouth in Brittanje was dit egter die enigste kos waarvoor sy nie vreesbevange was om te eet nie.
Volgens Mail Online, ly Georgie aan selektiewe eetsteuring en kan sy net hoender en skyfies verdra. “In my grootwordjare was ek regtig hardkoppig oor wat ek wou eet. Dit het met net ‘Southern fried’-hoender en aartappelskyfies begin,” het sy gesê. “Toe kom dit by die punt waar dit net hoender van KFC moes wees – ek het, sonder uitsondering, elke dag daarheen gegaan.” Sy glo die steuring het begin toe sy nege jaar oud was en aan mededingende gimnastiek begin deelneem het. Sy was genoodsaak om maaltye oor te slaan, want sy was “gedurig aan die oefen”.
Die jong vrou sê dit het ’n stadium bereik waar sy niks op skooluitstappies sou eet nie. Dean Arnold (25), Georgie se kêrel van die afgelope twee jaar, het besluit dit is nou genoeg en hy het voorgestel sy kry hulp by ’n hipnoterapeut.

Dit het duidelik gewerk – Georgie beweer sy het net een uurlange sessie nodig gehad.

“Ek het almal gewaarsku ek is so hardkoppig; ek het nooit gedink ek sou verander nie,” het sy verduidelik.

“Ná die sessie het alles verander. Ek het nuwe kossoorte beproef waaraan ek tevore nie sou raak nie – en ek het dit geniet.”

Lees ook: Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue

Sy eet nou kossoorte wat sy nog nooit voorheen geëet het nie. Sy het onlangs haar eerste Engelse ontbyt gehad.

“Dit was verstommend,” het sy gesê. “Ek het nog nooit in my lewe enige vrugte of groente geëet nie en ek het selfs daarin geslaag om nou ’n aandete met braaiboud te probeer. Ek kan nie glo ek het so baie goed nooit geproe nie.”

Georgie se nuwe dieet bestaan nou uit spek, wors, sampioene en eiers vir ontbyt, hoender, pasta, suikermielies en broccoli vir middagete en ’n verskeidenheid van maaltye vir aandete.

Felix Economakis, ’n geoktrooieerde sielkundige, was die dokter wat haar gehelp het.

Lees ook: Hier’s hoe jy meer yster by jou dieet kan voeg

“Ná ons sessie het sy dadelik nuwe kossoorte begin ondersoek en alles het werklik goed uitgewerk vir haar,” het hy aan

The Sun gesê.

“Mense besef nie lyers aan die steuring het hul eie veilige kossoorte nie. Hulle neem aan omdat Georgie net KFC geëet het, sy enige soort hoender sou eet; dis nie so eenvoudig nie.

“Dit is veel meer ingewikkeld as dit; KFC was die enigste kos wat sy beskou het as veilig om te eet en ek dink mense behoort meer begrip daarvoor te hê.”

– Litaletu Zidepa

Ander stories op Huisgenoot.com:

Huisgenoot-joernalis skryf hoe dit voel om konstant op die wipplank van bipolêre steuring te ry

Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe