Dit verdwyn ook nie altyd nie. Pleks dat jy gesond word, verhoog die inflammasie soms en dan raak dit chronies of stil, wat kan lei tot siektes of gewigstoename. Hierdie paadjie kan gelukkig baie maklik voorkom word deur ’n klompie eenvoudige aanpassings in jou lewenstyl te maak. Ons noem hier ’n paar dinge wat inflammasie aanwakker en hoe jy dit kan vermy:

Albei hierdie bestanddele het die vermoë om inflammatoriese gesondheidsprobleme, soos hartsiektes, vetsug en diabetes, aan te help.

Volgraansoorte is propvol voedingstowwe en vesel, maar, in teenstelling hiermee, kan verfynde graansoorte of dié met die etiket “graan” of “graanmeel” eerder as “volgraanmeel” inflammasie aanwakker. Kies heel hawer, bruinrys en soortgelyke opsies om die probleem die hoof te bied.

Suiker het dieselfde uitwerking; dit bevat inflammasieboodskappers, wat bekendstaan as sitokiene, wat in die liggaam vrygestel word om skade aan te rig. Mieliestroop, wat baie fruktose bevat, het dieselfde uitwerking. Albei hierdie bestanddele het die vermoë om inflammatoriese gesondheidsprobleme, soos hartsiektes, vetsug en diabetes, aan te help.

Jy moet soveel water moontlik drink, want dit is noodsaaklik vir ’n gesonde liggaam. As die liggaam nie genoeg water inkry nie, raak die metabolisme stadiger, die selfunksies verminder en elke orgaan, van die vel tot die hart, kan geraak word. Gewrigspyne, en ook vetsug, kom volop voor in hierdie omstandighede; dus sal alles volgens plan werk as jy groot hoeveelhede van die deurskynende vloeistof inneem.

Almal weet groot hoeveelhede verwerkte voedsel is sleg vir die liggaam, deels omdat dit inflammasie kan veroorsaak. Dit is een van die redes waarom mense oorgewig/siek word; dus behoort hulle nie op ’n gereelde grondslag daaraan weg te lê nie. Hou jou liggaam skoon van binne deur so dikwels moontlik vars, gesonde produkte te eet en so irritasie en swelling te voorkom.

Sluit ook blaargroentes by elke moontlike maaltyd in, want dit is propvol anti-inflammatoriese eienskappe.

Kos is natuurlik nie al wat sal help nie; fiksheid speel ook 'n groot rol. Oefening help die gewrigte maklik beweeg, dit bevorder die gesonde werking van die selle en verhoog die hartklop – al hierdie dinge weer op hul beurt inflammasie af.

Volg gerus hierdie eenvoudige wenke en jy behoort vry te bly van inflammasie!

© Cover Media