In ’n studie deur navorsers aan die Yale-universiteit se mediese skool het 185 vroue wat in verpleeginrigtings gewoon het, twee bosbessiekapsules per dag gekry. Elke kapsule het 36 mg van die aktiewe bestanddeel bevat (gelykstaande aan 590 ml bosbessiesap) of ’n plasebo wat een keer per dag toegedien is.

Die navorsers het bevind by die vroue wat sterk bosbessiekapsules ingeneem het, was niks minder gevalle van urienweginfeksie as by dié wat die plasebo ingeneem het nie.

Lees ook: Dis hoekom bloubessies bobaas is

"Bosbessieprodukte word al dekades lank ondersoek en daar was teenstrydige bewyse van hul vermoë om urienweginfeksie (UWI) te voorkom. Die resultate het gelei tot die aanbeveling dat bosbessieprodukte nie UWI heeltemal voorkom nie, maar dit kan doeltreffend wees by ouer vroue,” het die verslag gelui.

Dr. Manisha Juthani-Mehta, wat die studiestuk geskryf het, het bygevoeg vroue wat graag bosbessieprodukte eet of bosbessiesap drink, behoort voort te gaan daarmee.

Maar om geld uit te gee op bosbessiekapsules met “beperkte moontlike voordele” om urienweginfeksie te voorkom, “lyk nie die moeite werd nie”.

Lees ook: Bosbessiesap verlaag die risiko op hartsiektes en beroerte

Urienweginfeksie kom by vroue van alle ouderdomme voor, en namate mans ouer word, raak hulle ook toenemend vatbaar. Simptome sluit in die behoefte om te urineer, selfs al is hul blaas leeg, pyn of ’n branderige gevoel terwyl hulle urineer, dikwels urineer, lae koors en wolkerige urien of bloed in die urien.

Volgens Brittanje se Nasionale Gesondheidsdiens word UWI gewoonlik met ’n kort kursus antibiotika behandel.

Die meeste vroue kry ’n drie-dag-kursus antibiotika in kapsule- of pilvorm. Mans, swanger vroue en mense wie se simptome ernstiger is, kan moontlik ’n ietwat langer kursus nodig hê. Die simptome sal gewoonlik opklaar binne drie tot vyf dae nadat met die kursus begin is.

Die bevindings van die navorsing is in die Journal of the American Medical Association gepubliseer.

© Cover Media