Navorsing in Indië het getoon visolie-aanvullings kan die simptome van droë oë help verlig.

Navorsers het 478 mense, wat gekla het oor droë oë weens rekenaargebruik, drie maande lank bestudeer. Om hul teorie te toets het die deelnemers elke dag óf twee omega-3-pille óf plasebo-pille met olyfolie gekry.

Die bevindings, wat in die tydskrif Contact Lens & Anterior Eye gepubliseer is, het getoon diegene wat visolie gebruik het, se simptome het baie meer verbeter as die ander groep s’n. Hulle het ook meer van die selle gehad wat sorg dat die oë vogtig bly.

Maar hoekom werk dit so goed? Die teorie is dat die visolie omega-3-inflammasie verminder en sirkulasie bevorder. Dit lei tot gesonder oë en help die vervaardiging van trane aan.

Visoliekapsules, vars vis soos tuna en salm en okkerneute is goeie bronne van omega-3. Wees ook op die uitkyk vir brood, graankos en pasta wat dit op hul lysie van bestanddele aandui. Kool, pietersielie, spinasie en spruitkool bevat ook omega-3.

© Cover Media