Dis oukei om dit af en toe te geniet, maar jy sal twee keer moet dink voor jy dit by jou daaglikse dieet insluit.

Koffie of warm sjokolade

Hierdie drankies is gewoonlik heerlik en laat ’n heerlike smaak in jou mond. Maar meestal bestaan dit uit melk en suiker, wat beteken ’n koppie kan tot 3 347 kJ bevat. Dit is ook ’n verbysterende derde van die maksimum aanbevole inname vir versadigde vet met sowat 170 g suiker per drankie. As jy dus skielik vol energie voel, is dit te danke aan die suiker en nie die kafeïen nie.

Vir ’n minder skadelike weergawe by die huis kan jy vetvrye melk en suikervrye stroop gebruik.

Gegeurde water

Dit is soos gewone water, maar met ’n vrugtegeur, of hoe? Toe nie. Dit is propvol suiker en bevat min vitamiene, ongeag wat op die etiket staan. Kies een met natuurlike geure wanneer jy lus is vir iets meer as water. Nog ’n opsie is suikervrye vrugtestroop.

Dieselfde geld vir sap – drink liewer suiwer sap as “sapdrankies” of helderkleurige water wat as sap voorgehou word.

Dieetkoeldrank

Diet Coke het bitter min kilojoules, maar dit is al voordeel. Dieetkoeldrank het geen voedingswaarde nie en sal jou dehidreer as jy dit heeldag drink omdat jy water nodig het. Een of twee koeldranke per dag is nie ’n probleem nie, maar maak seker jy drink ook genoeg water.

Smoothies

Dit is vol vrugte en groente en kan jou ure lank vol hou. Dit is omdat dit baie kilojoules bevat, sowat 2 928  per bottel as jy nie versigtig is nie. Omdat dit soveel suiker bevat, bevat dit min proteïen – dis asof jy ’n hele pynappel, ’n mango en ’n hele vrag bessies op een slag eet. Hierdie kilojoules word geberg en jy sal meer vet inneem as wat jy kan verbrand. Eet jou vrugte en groente in hul oorspronklike vorm pleks van in vloeistofvorm.

© Cover Media