Beny jy jou vriende wat spog hulle kan enigiets eet, want hulle het ’n vinnige metabolisme? Hier is ’n paar maniere hoe jy joune ook kan versnel:

Die term verwys na die chemiese prosesse wat voortdurend in jou liggaam plaasvind om jou organe optimaal te laat werk (soos longe en asemhaling). Die chemikalieë verg energie om op hul beste te werk en daarom het jy energie nodig om jou metabolisme ’n hupstoot te gee.

Maar ’n vinnige metabolisme beteken nie jy kan na hartelus weglê aan alles en nog wat nie. As jy tevrede voel met jou huidige dieet (en dis gesond, gebalanseerd en genoeg), hoef jy nie jou eetgewoontes aan te pas nie.

Kies kou-kos

Hoe harder jou liggaam werk om kos te verteer, hoe meer kilojoules verbrand jy. Die webtuiste popsugar.com sê vrugte, groente en volgraan is die ideale keuses om jou mond te laat harder werk. En omdat dit volop vesel bevat, verg dit ook meer energie om te verteer. Kies dus rou kosse waar moontlik sodat dit ekstra moeite vereis. Bly aktief Dit speel ’n belangrike rol daarby om jou metabolisme te versnel, want jy kan tog nie verwag om gewig te verloor as jy net gedurig rondsit nie. Hoe meer jy aan die gang is en kilojoules verbrand, hoe meer energie sal aangewend word om jou liggaamsfunksies te laat versnel – veral vertering. ’n Goeie manier om te sorg dat dit gebeur, is om opstote te doen voor jy eet. As jy by die huis of by ’n vriend se plek is, stel dit op die proef. Kort sarsies oefening help nie net regdeur die dag kilojoules en vet verbrand nie, maar laat jou ook vinnig versadig voel wanneer jy daarna eet.

'Maar ’n vinnige metabolisme beteken nie jy kan na hartelus weglê aan alles en nog wat nie.'

Kragoefening

Gewigoptel en fokus op kernspiere sal jou meer kilojoules laat verbrand as om vet te takel. Jy hoef nie jou hele oefenroetine op sy kop te keer nie. Pas net gereeld gewigsoefeninge in om jou lyf aan die proses gewoond te maak.

Kies groentee

Jy het waarskynlik al gehoor groentee is ’n wonderlike manier om jou metabolisme te versnel. Dis danksy die katesjien daarin – ’n antioksidant wat jou metabolisme met vier persent verhoog. Dit klink dalk nie na veel nie, maar kan mettertyd resultate lewer. Verruil jou koppie koffie soggens vir groentee en drink regdeur die dag baie water om gehidreerd te bly (dit sal ook die pas versnel).

© Cover Media