Maar moenie vrees nie; ’n paar slim keuses kan jou help vol voel selfs al dieet jy.

Daar word algemeen geglo ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag, en jy gaan beslis later honger raak as jy dit oorslaan. As jy dink laevet-graankos kan nie die paal haal nie en nie roosterbrood wil eet nie, is pap ’n goeie keuse.

Hawermout is propvol vesel en kan ook die vlakke verhoog van ’n hormoon wat eetlus reguleer. Eet dit met verskeie soorte melk (laevet-, rys- of amandelmelk is goeie keuses) – en onthou ’n paar bloubessies of aarbeie; dan kry jy sommer ’n porsie vrugte ook in.

Enige veselryke kos gaan jou honger stil omdat dit langer verteer; dus is neute – wat baie vesel bevat – ’n goeie keuse vir ’n peuselhappie. Appels is nog ’n moontlikheid, en dit bevat ook baie water, wat ook magies vol hou (net soos slaaiblare, as jy dink aan middagete). Dit bevat ook pektien, wat bloedsuikervlakke help reguleer, wat beteken jy sal jou nie aan koekies of lekkers vergryp nie.

Nog ’n probleem met diëte is smaak; sommige laevet-kosse is gesond, maar proe na karton. Dan kan jy speserye inspan. Dit kan jou metabolisme help versnel, wat jou langer vol laat voel, en gee kos ook geur. As jy nie dit kan inkry nie, kan jy ment gebruik; dit hou ook eetlus in toom.

Moenie van proteïen vergeet nie; dit laat jou ook langer vol voel. Dit beteken eier is ’n goeie keuse; so ook laevetjogurt en maer salm, wat ook ryk is aan omega-3.

© Cover Media