Jy het die perfekte uitrusting vir jou ete-afspraak, maar nadat jy vroeër in die dag te veel gaskoeldrank gedrink het, is jy so opgeblase dat dit skaars pas. Dié toestand is algemeen, maar gelukkig kan dit maklik vermy word. Hier is drie wenke om opgeblasenheid te vermy:

  1. Te min vesel en vloeistowwe veroorsaak hardlywigheid, wat opgeblasenheid kan veroorsaak. Drink water en eet genoeg vesel.
  2. As jy te vinnig eet en jou kos nie behoorlik kou nie, kan jy lug sluk. Dit sal jou maag laat swel. Eet dus eerder stadiger. Kougom kou kan ook veroorsaak dat jy lug sluk, wat dan in jou maag vasgevang word. Suig eerder ’n pepermentlekker.
  3. Die gas in gaskoeldrank kan veroorsaak dat gas in jou maag vasgevang word sodat dit swel. Drink dus eerder peperment- of suurlemoen-gegeurde water as gaskoeldrank.

BRON: webmd.com