Dis die begin van ’n nuwe jaar en baie van ons gee waarskynlik nou aandag aan ons eetgewoontes. Ons beveel nie aan jy honger jou uit of volg ’n weke lange detoksdieet nie, maar dit kan goed wees om te dink oor wat jy in jou mond sit.

Weet jy byvoorbeeld watter kosse besonder inflammatories is? Dié kosse kan die rede wees waarom jy sukkel om gewig te verloor en jou boonop traag en oor die algemeen sleg oor jouself laat voel. In die geheel kan jy nie ’n fout maak met ’n dieet vol natuurlike goed nie. Dit beteken jy moet fokus op vars vrugte, groente en volgraan pleks van vooraf verpakte kosse vol bygevoegde suiker, preserveermiddels en sout.
'Ons beveel nie aan jy honger jou uit of volg ’n weke lange detoksdieet nie, maar dit kan goed wees om te dink oor wat jy in jou mond sit.'

As jy wegbly van klaarbereide maaltye en produkte wat weke lank in flesse of sakkies behoue bly, sal jy vinnig ’n verandering aan jou lyf voel. Party kosse is eenvoudig nie veronderstel om so lank te hou as wat dit deesdae hou nie. Bak ’n slag self brood. Jy sal verbaas wees oor hoe vinnig dit oud raak teenoor gesnyde winkelbrood.

Kom ons kyk na van die eenvoudigste veranderinge wat jy kan maak as jy ’n skoon dieet wil begin volg.

Een van die eerste goed om te los, is verwerkte suiker. Dit is in veel meer kosse versteek as wat mense besef en het min voedingswaarde. Te veel daarvan kan vetsug, diabetes, lewerskade en velveroudering veroorsaak. As jy dit inkort, sal jy ook vanself gewig verloor. Begin etikette nagaan vir versteekte suiker. As jy nie sonder ’n soetding kan klaarkom nie, gebruik eerder heuning of organiese esdoringstroop.

Witbrood sluit hierby aan, want die liggaam breek dit vinnig tot suiker af. Die manier waarop witbrood verwerk word, beteken dat baie van die voedingsvoordele daaruit verwyder word. Dus bied dit eintlik net leë kalorieë. Maar party mense vind koring gee hulle spysverteringsongemak. Dit is dalk die moeite werd om iets soos amandel- of klappermeel op die proef te stel wat skaars verwerk word en daarom strelender vir jou gestel is.

Baie groente-olies ook nie goed vir jou nie, want dit word ook verwerk. Dit beteken die liggaam is nie gewoond daaraan nie, veral wanneer dit geskep word deur chemikalieë te gebruik. As jy dus gewoond is om met groente of canola-olie te kook, skakel oor na ekstrasuiwer olyfolie of klapperolie. Dit bevat veel meer omega-6- en omega-3-olie, wat vir die liggaam noodsaaklik is en baie goed doen soos om met brein- en senuwerking te help en gesonde selle te onderhou.

Suiwel is nog iets om te oorweeg, bloot omdat baie mense probleme het om dit te verteer. Dit is deels omdat volwassenes minder van die ensieme het wat nodig is om dit af te breek, maar ook omdat baie van die kos wat goeie vreet geneties aangepas kan wees. Beproef eerder skaap- of bokmelk of veganistiese opsies soos amandel- of rysmelk.

Laastens (en ons is seker jy het hiervoor gewag) as jy aan inflammasie ly, is dit ’n goeie idee om drank ’n ruk lank te los. Drank is bekend daarvoor dat dit jou ingewande irriteer en te veel daarvan kan dit vir bakterieë makliker maak om deur die voering van jou derms te dring. Dit laat ook die maagwand ontsteek – en dit is waarom mense soms siek is nadat hulle

© Cover Media