Die winter is om die draai, soggens word dit later lig en elke dag raak dit ’n bietjie moeiliker om op te staan. Die pragtige herfskleure vervaag en maak plek vir die winter se koue bleekheid. Soos klokslag begin jy snuif en nies, en dan is jy dringend op soek na ’n snesie.

Maar hoe weet jy of jou neus weens ’n allergie of ’n verkoue loop? Omdat die aanvanklike simptome ooreenstem, is dit soms moeilik om tussen die twee te onderskei. Maar wag net ’n dag of wat, dan sal jy wel weet.

Verkoue

  • Dit duur drie tot sewe dae voor die simptome weggaan.
  • Die simptome verskil van ’n allergie s’n, onder meer hoes, ’n jeukerige of seer keel, geringe liggaamspyn, ligte hoofpyn, ’n matige koors en moegheid.
  • Die slym in jou neus en keel is waarskynlik dikker as gewoonlik en het ’n gelerige of groenerige kleur.

Allergieë

  • Simptome duur baie langer en kan telkens terugkom.
  • Algemene simptome is nies, waterige oë en ’n toe neus. Dit gaan gewoonlik nie met koors gepaard nie.
  • Dit word hoofsaaklik deur stofmyte, muf en diere veroorsaak.

Behandeling

  • Vir verkoue: Neem baie vloeistof in, eet baie vrugte en groente, en kry genoeg rus. Jy kan ook medikasie by die apteek kry om die simptome te help verlig.
  • Vir allergieë: Vra jou dokter oor allergie-inspuitings – dit stel die liggaam stelselmatig aan die allergeen bloot en kan die simptome langer weghou as standaardmedikasie teen allergieë. Oorweeg dit ook om jou beddegoed om te ruil en dit teen ’n temperatuur van 54 °C te was; dit help stofmyte vedryf. En wat jy ook al doen, hou die snesies byderhand! Skaf ’n reeks snesies aan wat die sensitiewe vel om jou neus help streel, en belê in sanitêre sakdoeke wat die kieme weghou. So keer jy ook dat jy in die dokters se spreekkamer boer.

Bronne: Kleenex, webmd.com, mayoclinic.org