Wanneer jy die eerste keer ’n voorskrif kry vir kontaklense, kry jy ook ’n lys met streng reëls oor die versorging daarvan. Was altyd jou hande voor jy hulle insit of uithaal, moet hulle nooit in kraanwater bêre nie, haal hulle ná agt uur uit en moet hulle nooit langer dra as die datum wat hul raklewe aandui nie (of dit nou een maand of een dag is).

Al hierdie reëls is ontwerp om te verseker jou oë bly gesond, maar onlangse navorsing dui aan dat dit nie altyd so maklik is nie. ’n Span van die Langone Mediese Sentrum aan die Universiteit van New York het bevind dat kieme na die oë toe oorgedra kan word wanneer jy kontaklense dra, en dit lei tot ontsteking.

Tydens die navorsing is die oë van kontaklensdraers getoets en die resultate is vergelyk met dié van mense wat nie die lense nodig gehad het nie. Op die oogballe van mense wat kontaklense gedra het, is daar drie keer meer kieme van verskillende soorte gevind, en dié wat in hul oë voorgekom het, was meer soortgelyk aan dié wat op hul vel gevind is.

“Ons navorsing wys duidelik om ’n vreemde voorwerp soos ’n kontaklens in die oog te plaas is nie ’n neutrale optrede is nie,” het die hoofwetenskaplike, dr. Maria Gloria Dominguez-Bello, in New Orleans op ’n vergadering van die Amerikaanse Genootskap vir Mikrobiologie verduidelik.

“Hierdie bevindings behoort wetenskaplikes te help om ’n beter begrip te kry van die lank bestaande probleem rakende die rede waarom kontaklensdraers meer geneig is tot oogontsteking as mense wat nie lense dra nie.”

Nog navorsing word beplan om uit te vind presies wat dit beteken. Die span wil veral weet of dit veroorsaak word deur die vingers in die oog te steek en of dit die lense self is wat ’n uitwerking op die immuniteitstelsel het.

Sindelikheid is van die uiterse beland by die hantering van die lense; dus moet gebruikers hul hande was voor hulle hul oë aanraak.

© Cover Media