En nou is daar nog een om by hierdie lysie te voeg, want vroue is blykbaar geneig om meer as mans met ontwatering te sukkel.

Dit beteken hul babelas-simptome is erger, en dit kan ook lei tot meer hoofpyn en moegheid. Dit klink dalk nie soos ’n groot probleem nie, maar volgens Clinics in Sports Medicine kan dit ook jou doeltreffendheid in die gim met ’n vyfde of meer verminder.

“Dit word deur verlaagde bloedvolume veroorsaak,” het dr. Stacy Sims, ’n oefenfisioloog by die universiteit van Stanford, aan die tydskrif Women’s Health gesê.

“Wanneer jou estrogeen- en progesteroonvlakke hoog is, verloor jy net minder as ’n tiende van jou plasmavolume – dit is die waterige deel van bloed.”

Hoë progesteroonvlakke kan jou liggaam warmer maak, wat jou slaperig maak, en dit het ’n verwoestende uitwerking op natriumvlakke (natrium is die stof wat water in jou bloed probeer kry).

Daarom is dit belangrik om te let op wat jy inneem. Alkohol gaan jou hidrasievlakke deurmekaarkrap, en dit is hoekom die ou raat van drankies met glase water afwissel nog soos ’n bom werk.

Kalium werk saam met natrium om water tot in bloed te vervoer; daarom is dit ’n goeie idee om kosse te eet wat albei hierdie stowwe bevat. Maar moet dit nie te ver voer nie: As jy te veel natrium inneem, kan dit die risiko vir hartsiektes en beroertes verhoog. Maak dus seker jy handhaaf ’n balans.

Groente is byvoorbeeld ’n goeie keuse as jy natriumryke kosse soos bereide vleis en tafelsout inneem omdat dit ryk is aan kalium, maar min natrium bevat. Probeer blaargroente soos spinasie, oranje groente soos soetpatat en skorsie, en droë boontjies en sitrusvrugte soos lemoene.

Vrugte en groente se hoë waterinhoud help ook om ontwatering te beveg. Waatlemoen bestaan byvoorbeeld amper hoofsaaklik uit water, en groente bevat ook water en ander voedingstowwe. Hawermeel, sop en vrugte- en groenteskommels bevat ook water; wissel dus jou dieet af om te verseker jou kry genoeg water in.

© Cover Media